Translate

Dinsdag 29 November 2016

Rokkie

Ek wil vandag sommer vir jul hierdie pragtage rokkie patroon wys wat ek nog graag wil maak.





Dis vir my soooo mooi en eenvoudig.  Ek is eintlik spyt dat ek nie ook sulke pragtage navy polkadot materiaal kon kry nie, maar as dit suksesvol is maak ek sommer nog een!!

Die patroon is beskikbaar by elleapparelblog.com onder Day Date Dress.
Daar is 'n paar oulike klere tutoriale.


Hier is die materiaal wat ek gekoop het.  Die blou is vir my heel vrolik en ek wil die kant gebruik vir die moutjies of oor die bostuk or oor die romp, kan nog nie besluit nie hehe

Ek het die materiaal al 'n paar maande terug gekoop en nou is dit al amper kersfees!!  Wou hom eintlik al hierdie somer gedra het, maar ek weet nou nie of dit gaan gebeur nie ;)
(dalk inspireer hierdie post my om vandag nog daarmee te begin)

Waar sou julle die kant gebruik?

Groete
RC
xxx 

2 opmerkings:

  1. Ek dink jy moet dit 'n moulose rokkie maak, en dan die hele bostukkie met kant maak, dan is daar moutjies met net kant en die res van die bostuk pas dan daarby aan né? hehehe dit is regtig 'n baie mooi rokkie daai en sal jou goed pas xxxxxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja!! Dit is nou presies my plan. Great minds think alike!! Ek het toe sommer met hom begin ook. Moet nou juis net die moue maak, sal hul maar vry hand moet trek, want ek het nie 'n patroon!! Hou duim vas!!

      Vee uit