Translate

Woensdag 02 November 2016

Besigheidskaartjies

My Besigheidskaartjies

Ek wou gister sommer gou hierdie kort post geskryf het, maar toe is al my kamera se batterye so ontydig pap!!  Liewer laat as nooit!! :)



Ek het hierdie kaartjies sommer met my beperkte rekenaar vaardighede op "Word" ontwerp.  (ek sal maar nie se hoe lank dit gevat het nie hehehe)
Ek soek nou nog net mooi karton om dit op te druk en dan is dit perfek!!  :)
Dis net nie altyd so maklik om die regte karton vir die werk te kry nie.  Het jul dit ook al ondervind?  Hoe beter die prentjie in jou kop van iets is, hoe moeiliker kry jy dit in die winkel?!?!!  Dis altyd die geval met my!! 


Dis ook nou die geval vir die verpakking vir my handgemaakte goedjies.  Het 'n idee in my kop, maar om dit nou iewers te kry....
Op die oomblik bere ek alles in plastiek sakkies om dit skoon te hou in die kas en wanneer dit vervoer word, maar dit sal nooit deug vir die lange duur nie.
 Hulle se dat die verpakking die eerste indruk is wat mense van jou produk kry, so dit moet ietsie besonders wees.
Ek dink ek moet later weer 'n post skryf om vir julle te wys wat ek in gedagte het.  Iets rustic.

Enige idees??
Enige raad sal welkom wees :)

Dankie by voorbaat

Groete
RC
xxx  

1 opmerking:

  1. Die verpakking is nogal 'n tamaletjie, want dit moet iets deursigtig wees en uniek, maar ook bekostigbaar. Dan moet dit ook pas by die oulike besigheidskaartjie =) xxxxxxxx Ek kyk uit vir die post om te sien wat jy in gedagte het!!

    AntwoordVee uit