Translate

Donderdag 30 November 2017

Prettige Vatlappies vir my Kombuis

Gekwilte Vatlappies

Read the English version below ↓




Ek kort lankal 'n nuwe paar vatlappies in my kombuis.
Die oues is regtig gedaan en mens kon maklik jou vinger brand deur die gate wat al daarin was!!

 Die ding het begin toe ek vir die plaas 'n mooi stel vatlappies wou maak.
Hoofsaaklik omdat ek altyd die skuldige is wanneer die afdroogdoeke vol swart merke is, nadat ek in die potte op die houtstoof geloer het...
*theehee OEPS!!*
Nou sal ek nie sleg voel as die vatlappies bietjie vuil raak nie, want dis mos waarvoor dit bedoel is シ
 Ek het ook gesorg dat dit die regte kleur is!!

(jammer vir die treurige foto - ek het alweer vergeet om mooi foto's te neem voor ek dit weg gestuur het!)
Al probleem is nou dat Manlief dit nie wil gebruik nie, want hy sê dis te mooi hehehe
My vatlappies is bietjie ligter.  Die blou pas by my kombuis goed en daardie oulike check-erige materiaal het ek al soooo lank terug gekoop om vir die kombuis goedjies te maak!!

Die motiefies wat ek raak gesny het, pas toevallig by die Kers-gety waarin ons ons tans bevind シ



Hierdie is weer een van Amy van The Nana Company se patrone.
Dankie Amy!!  Jy het altyd die oulikste idees

Ek het myne net so klein bietjie eenvoudiger gemaak en slegs een laag watteersel gebruik, want my masjien hou nie daarvan om deur sulke dik lae te stik nie.
*Dis hoekom ek tans spaar vir my industriёle masjien :D*

Ek dink dat ek nog twee stelletjies moet maak om by die winkeltjies te verkoop.
Hierdie keer sal ek onthou om vir julle foto's te neem!  Belowe!

Onthou om my te volg as jy van my blog hou

Stuur asb vir my 'n epos met foto's van jou handgemaakte vatlappies na rchandgemaak@gmail.com

Sien julle weer!!
Groete
RC
   

Fun Quilted Pot Holders for my Kitchen

*This post contains afilliated links
 
 I've been needing some new pot holders in my kitchen for a while.  The old ones were so holey that you could easily burn your fingers while using them!!

It all started when I wanted to make a set of pretty potholders for the farm.
 Mainly because I'm always getting soot on the dish towels when I want to peek into the pots on the wood stove....
*theehee OOPS!*
 Now I won't feel bad for using the pot holders, because that's what they are made for!! 
I also chose the perfect colour!

(sorry for the sad little photo - I forgot to take nice photos for you guys again!)
 The blue trim on my pot holders match my kitchen, and I've been waiting to use that check-ish fabric for a kitchen project for so long now シ
The motifs that I ended up using are so cheerful and perfect for the Christmas Season that we find ourselves in

 
This is also one of Amy from The Nana Company's patterns.
Thank you for the great patterns Amy!!
Have you seen her beautiful fabric collections??  They are stunning!!

B074QR5JKW 
Little Town *

B0722YSBP1 
Charleston*


B0195QEZ1E
I simplified my potholders a bit, by not adding the pretty frills and only adding one layer of batting.  My machine doesn't like working through all those layers.
*That's why I'm saving up for my industrial sewing machine! :D*
I am going to make more of these to sell at the shop.
 This time I'll remember to take some pics for you!  Promise!!
Remember to follow me if you like reading my blog
Please send me photos of your handmade potholders to rchandgemaak@gmail.com so that I can post your handywork here on my blog
See you soon!
Best Wishes
RC

Dinsdag 14 November 2017

Basic Sewing Series - Lesson #4

How to Oil your Sewing Machine

*This post contains affiliated links




Today I'm showing you how to oil your machine.
It's a good idea to oil your machine every two to three months if you use it a lot and at least every six months if you don't sew that much.
You may prefer to have your machine serviced by a professional,
but I am a bit frugal and save the few rand by oiling it myself ;)

 What you need:

  
1.  Screwdrivers* of different sizes.  I am considering to buy a whole set of screwdrivers, because my machine has screws of all shapes and sizes and I struggle to loosen some of them.
The magnetic* kind would also be very handy, because most of my machine's screws are embedded into the cover and this makes it hard to hold them when screwing them back in.
2.  Machine oil* - the colourless kind is best, because the yellow coloured oil tends to become sticky over time.
3.  Cloth/tissue - I like to wipe away any dust and oil spatter as I go.
4.  Old towel - to lay the machine on, when you are working on the underside. 
Small bowl - to keep screws together 

  
Important!  Always unplug the machine before doing any maintenance.

  
Move the needle to its highest position.

   
1.  Start by oiling the shuttle race

  
and the shuttle hook.
 Go to lesson #3 - how tho clean a sewing machine 
to see how to remove the shuttle parts.

  
2.  Unscrew the needle plate and oil the gear underneath.
Dust as you go.
Then replace the needle plate and screw it in place.

  
 3.  Loosen all the screws to take off the top cover.
My machine has screws at the top, back and sides.
Only the left side (where the bulb is) and the back panel can be removed.


 
Put all the screws and small parts in a bowl.

  
4.  Remove the left part of the cover by gently moving it up and out.
It is a bit tricky, because there are small plastic hooks holding it in place.  Be careful not to break them!

  
Make sure that the presser foot lever is in the upward position before removing the back pannel.
See the perfect little rectangular gap for it!?

  
5.  Remove the back cover, note any parts that fit through the cover, like the presser foot lever and power inlet does on my machine.

   
6.  Now simply oil the marked parts.
The parts that need oiling on your machine may differ from mine.
Consult your owners manual for specific oiling points.
You can also turn the hand wheel to see which parts move.  Any moving parts that create friction, need oiling.





7.  Replace the parts in reverse order and fasten the screws securely.

Now, make sure that the presser foot lever is in the down position, so that it lies flush with the back of the machine, before laying the machine on its back to work on the underside.

8.  Place the towel on your worktop and lay the machine on its back.
Also remove the extension table.


9.  Loosen all the screws at the bottom of the machine and remove the panels.


10.  Oil all the marked parts.







11.  Replace all the panels.


And that is how to keep your machine in good working order.
You will notice that it runs smoother after a good oiling.

Remember to sew a piece of old fabric after oiling your machine as some excess oil may stain your fabric.

Next time we'll discuss choosing the right needle for your project.

See you then!!

Best Wishes
RC




Dinsdag 07 November 2017

Basiese Naaldwerk Reeks - Les #4

Hoe om jou Naaldwerk Masjien te Olie

 *Hierdie post bevat affiliated links


Vandag gaan ek julle wys hoe om jou masjien te olie.
Dis nogal 'n groot storie en moet so elke twee tot drie maande goedoen word as jy jou masjien baie gebruik, 'n bietjie minder as jy nie gereeld naaldwerk doen nie.
Jy kan dalk verkies om jou masjien na 'n werktuigkundige te neem om te laat olie en na te gaan.
Ek spaar maar 'n paar Rand deur dit self te doen ;)

Laat ons sommer wegspring!

Wat jy nodig het:

 1.  Skroewedraaiers* van verskillende groottes.  My masjien het skroewe van alle groottes en vorms, ek oorweeg dit om 'n hele stelletjie te koop, want ek sukkel steeds met van die skroewe.
Van daardie magnetiese* soort sal ook baie handig wees, want meeste van my masjien se skroewe is ingesink en dan is dit moeilik om weer in die gaatjie te kry!
2.  Masjien Olie* - die deurskynende soort is die beste, die geel soort kan geneig wees om later taai te raak en aan te pak.
 3.  Lappie/sneusie - ek vee sommer al die stoffies en ou olie spatsels af soos ek gaan.
4.  Ou handoek - Om die masjien op te lê wanneer jy aan die onderkant werk.
Klein houertjie/piering - om skroefies en partjies in te sit, sodat dit nie verloor nie.

Baie belangrik!  Voor jy begin om aan die masjien te werk moet jy die kragprop uittrek!!

Maak ook seker dat die naald in sy hoogste posisie is.
 

1.  Begin deur die shuttle race 
  
en die shuttle haak te olie.
Gaan na laasweek se Les #3 - hoe om masjien skoon te maak, 
om te sien hoe om die shuttle dele uit te haal. 
 2.  Skroef die naaldplaatjie af en olie die ratjie daaronder.
Stof sommer bietjie af ook.
Skroef dan die naaldplaatjie terug.
3.  Maak nou al die skroefies los om die boonste dele van jou masjien oop te maak.
My masjien het skroewe aan die bo-kant, agterkant en aan weerskante en slegs die linkerkant (waar gloeilamp is) en agterkant kan afhaal.
 Sit al die skroefies en los partjies in jou houertjie/piering.
4.  Maak die omhulsel aan die linkerkant oop deur dit versigtig uitwaarts en opwaarts te beweeg.
Dis maar partykeer moeilik, want daar is klein plastiek hakkies wat die dele op hulle plek hou.  Pasop dat jy hulle nie afbreek nie!!
 Maak seker dat die drukvoetjie se armpie opgelig is voor jy die agterste dop afhaal.
Kyk die oulike gaatjie wat daar vir hom is om deur te pas! ツ

 5.  Haal die agterste dop ook versigtig af, let op enige dele wat deur die plastiek pas, soos die kragprop en drukvoet armpie op my masjien.
6.  Nou kan jy net die gemerkte dele olie.
Die dele wat op jou masjien geolie moet word kan dalk van myne verskil.
Jou masjien se boekie behoort aan te dui watter punte geolie moet word.
Jy kan ook die handwiel draai om te sien watter dele beweeg, alle bewegende dele waar wrywing voorkom moet geolie word.



7.  Sit nou weer die dele in die teenoorgestelde volgorde terug en skroef stewig vas.

Maak nou weer seker dat die drukvoet armpie af gedruk is, sodat hy gelyk met die agterkant is wanneer jy die masjien neerlê om aan die onderkant te werk.
 8.  Vou die handoek op jou werkoppervlak oop en lê die masjien op sy rugkant neer.
Ek haal ook die verlengingstafel af.
 9.  Maak al die skroefies aan die onderkant los en sit hulle eenkant in jou houertjie.
 Al die onderste panele verwyder.
 10.  Olie weer al die aangeduide punte.

11.  Skroef al die onderste panele weer vas.
 Dis hoe 'n mens jou masjien in tip-top kondisie hou.
Jy behoort sommer te voel dat hy nou gladder loop as voor jy begin het ツ

Onthou om 'n ou stukkie materiaal te stik nadat jy jou masjien geolie het, want van die oortollige olie kan die materiaal vlek.
Volgende week kyk ons hoe om die regte naald te kies vir jou projek.
Sien julle dan!
Groete
RC