Translate

Dinsdag 13 Desember 2016

Wenk om Reguit Lyne te Kwilt

Ek het hierdie oulike wenk iewers op die internet raakgeloop en toe besluit ek om 'n kort tutoriaal daaroor te skryf :)


Al ooit gewens dat jy al daardie kwilt lyne mooi reguit (wel meestal reguit) kan stik met jou gewone masjien, sonder dat jy klomp strepe op jou materiaal hoef te trek??

Jy sou nooit kon raai dat dit so eenvouding is nie!!
MASKEERBAND!


Al wat jy nodig het is:
* jou materiaal en batting en bypassende of kontrasterende gare
* 'n liniaal
* materiaal pen of potlood
* maskeerband in die breedte van jou keuse (myne is 2cm breed)
* en jou naaldwerkmasjien 

Hier is wat jy doen:

Ek het besluit op diagonale lyne vir hierdie projek, maar die tegniek sal ewe goed werk as jy dit wil gebruik om loodregte lyne, blokkies of diamante te kwilt.

1.  Merk dieselfde afstand van jou hoekie af op die horisontale- en die vertikale sye.
Ek het 2.5cm van die hoek af gemeet, dis net 'n bietjie breer as my maskeerband.


 2.  Plak die maskeerband tussen jou twee merkies sodat dit 'n 45° hoek vorm.






3.  Stik weerskante van die maskeerband.

 4.  Skuif nou die maskeerband sodat die een kant teenaan jou laaste gestikte lyn is.  Stik nou weer 'n lyn teen die maskeerband.




5.  Herhaal stap 4 totdat jou hele lappie gestik is.  Jy sal in die middel 'n langer stuk maskeerband gebruik omdat die afstand van jou diagonale lyne langer sal wees.

EN SIEDAAR!!
'n Gekwilte lappie sonder om ewe veel tyd te spandeer om die lyne uit te meet.


Hier is die manikuur sakkie wat ek met die gekwilte lappie gemaak het :)

WENKE VIR NETJIESE KWILTWERK:
* Kry sommer 'n paar rolletjies maskeerband van verskillende breedtes om by verskillende projekte aan te pas.
* Spelde, spelde en nog spelde!!!  Gebruik baie spelde om te verseker dat jou lae materiaal nie skuif nie.
* Stik altyd in dieselfde rigting om te verhoed dat die lae oneweredig skuif.

Laat weet as julle nog 'n paar oulike wenke vir kwilters het.  Ek is maar net 'n beginner en ek leer nog elke dag uit my eie voute :)

Groete
RC
xxx 

Donderdag 08 Desember 2016

My Seisoene Stilboek - Somer

Aangesien ons hele land tans onder 'n erge hittegolf deurloop en niemand kan stry dat die somer defntief hier is om te bly nie, het ek besluit om my stilboek se somer-blad vandag met julle te deel.
Dalk help die in-spur-hasie bietjie om af te koel :)
Gaan kry 'n lekker lang glas koue koeldrank en geniet....


 Hierdie is die 2e blad van my stilboek en handel oor somer.  Ryp vrugte en groente laat my aan hierdie seisoen dink :)


Aan die linkerkant is die naam van die seisoen sodat die kleinding sommer al van jongs af die woorde met iets kan assosieer

 


Op hierdie blad kuier daar 'n hasie-maatjie wat van die lekker ryp vrugte en groente bymekaarmaak en in sy nes bere.  Sekerlik tot die frustrasie van die boer wie se groente dit is ;) hehe



Tussen die bosse kruip daar ook 'n paar ander maats weg.  'n Wurm en 'n krimpvark (dit is seker een van die klein krimpvarkies van die lente-blad wat nou groot is en die wereld bietjie verken)


Daar is vet wortels en bete in die grond - ek hou veral van hoe die bete uitgekom het :)


sappige rooi appels aan die boom


en trosse blink, ryp bessies aan die bosse.


Die hasie moet al die kossies bymekaar maak en op hul regte plekke bere...

Die wortels in die oranje mandjie...



...die bete in die pers mandjie...



...die appels op hul spesiale rakkie...



...en die bessies aan die hakkies.



Klaar ge-oes, nou gaan hy seker lekker smul voor hy gaan slaap :)

Hoop dit raak ook vinnig koeler daar waar jul is!!
Wat doen jy in jul huis om aardverwarming te help beperk? 
Ek sal graag nog 'n paar planne wil hoor om in ons huis te implimenteer :)

Groete tot volgende keer
RC
xxx

Dinsdag 06 Desember 2016

Qtex Sakkie - blou

Blou Qtex sakkie - R250

Ag!  Toe ek die foto'tjie van hierdie sakkie sien, het ek dadelik geweet ek moet hom maak :)
TE PRAGTAG!!!


Ek kon myself toe ook nie help nie, ek moes net die buitekant kwilt :)
Volgendekeer gaan ek 'n laslappie een probeer!!


Beskrywing:  Kompakte toevou sakkie (clutch) wat 4 botteltjies qtex en 'n paar manikuur benodighede kan hou.  Perfek om in jou tas te gooi vir hierdie vakansie!!

Materiaal:  Kwilt katoen.


Kleur:  Blou buitekant met oulike motiewe in room en pienk.
Room binnekant met oulike motiewe en woorde.

Mates:  20x12x3cm


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie sakkie te koop.

Die patroon is beskikbaar by www.noodle-head.com onder Snappy Mani Pouch 2.

Dis so oulike sakkie, ek is seker dat hy vir meer as net qtex gebruik kan word :)
Kan julle aan nog 'n paar ander doele dink vir hom?

Groete
RC
xxx 

Saterdag 03 Desember 2016

Vetplantjies


Vandag wil ek julle sommer net met hierdie mooi foto's inspireer :)
 

Geniet jul naweek!!

Groete
RC
xxx 

Donderdag 01 Desember 2016

Kers geskenkies

Janee mense!!!  2016 is oor die muur en dis weer daardie tyd van die jaar!!

tyd om daardie laaste vakansie planne agtermekaar te kry,
tyd om dai wit bene te tan sodat hulle darem nie te erg afsteek in jou baaikostuum nie ;)
EN tyd om 'n paar gekenkies reg te kry om vir jou geliefdes te gee ❤

Ek weet, ek weet!!  Ons is ook nie groot op die geskenke ding nie, want die winkels ruk die storie darem heel uit verband uit en so gaan die regte betekenis van Kersfees soms verlore.

Maar dit gee mens darem tog daardie warm, fuzzy feeling as iemand vir jou 'n klein geskenkie gee om te wys dat hul heel jaar aan jou gedink het en jou waardeer :)

So hier is wat ons hierdie jaar gaan gee...


Die inhoud gaan ek vir eers geheim hou. 
 Dit is darem mos 'n geskenk en van my mense lees dalk hierdie post!!!
As julle REGTIG te nuuskierig is kan jul my weer na Kersfees vra wat dit was ;)





Die kaartjies was regtig so eenvoudig, maar hul het vir my net die regte effek.
Ek het dit sommer op Microsoft Word getik en op gewone papier gedruk,  toe net die hoekie met my mooi pons gedruk en dit op 'n groen kartonnetjie geplak :)


Nog 'n paar oulike idees vir tuisgemaakte geskenkies:

*  'n Pakkie van jou  tuisgebakte koekies waaroor almal so gek is
*  'n Botteltjie met al die bestandele vir daardie koekies in en die instruksies om dit vinnig te bak
*  Fudge
*  'n Sugar scrub om te help om die velle reg te kry vir dai baaikostuums
'n Verfrissende aanmaak drankie (het die een laasjaar by skoonsus gesteel)

Daar is soveel lekker resepte vir die bogenoemde op die internet.  Toets gerus 'n paar :)

Ek sal graag wil hoor wat julle hierdie kersfees vir julle geliefdes gee?

Geniet die laaste bietjie van jul week!!

Groete
RC
xxx