Translate

Donderdag 08 Desember 2016

My Seisoene Stilboek - Somer

Aangesien ons hele land tans onder 'n erge hittegolf deurloop en niemand kan stry dat die somer defntief hier is om te bly nie, het ek besluit om my stilboek se somer-blad vandag met julle te deel.
Dalk help die in-spur-hasie bietjie om af te koel :)
Gaan kry 'n lekker lang glas koue koeldrank en geniet....


 Hierdie is die 2e blad van my stilboek en handel oor somer.  Ryp vrugte en groente laat my aan hierdie seisoen dink :)


Aan die linkerkant is die naam van die seisoen sodat die kleinding sommer al van jongs af die woorde met iets kan assosieer

 


Op hierdie blad kuier daar 'n hasie-maatjie wat van die lekker ryp vrugte en groente bymekaarmaak en in sy nes bere.  Sekerlik tot die frustrasie van die boer wie se groente dit is ;) hehe



Tussen die bosse kruip daar ook 'n paar ander maats weg.  'n Wurm en 'n krimpvark (dit is seker een van die klein krimpvarkies van die lente-blad wat nou groot is en die wereld bietjie verken)


Daar is vet wortels en bete in die grond - ek hou veral van hoe die bete uitgekom het :)


sappige rooi appels aan die boom


en trosse blink, ryp bessies aan die bosse.


Die hasie moet al die kossies bymekaar maak en op hul regte plekke bere...

Die wortels in die oranje mandjie...



...die bete in die pers mandjie...



...die appels op hul spesiale rakkie...



...en die bessies aan die hakkies.



Klaar ge-oes, nou gaan hy seker lekker smul voor hy gaan slaap :)

Hoop dit raak ook vinnig koeler daar waar jul is!!
Wat doen jy in jul huis om aardverwarming te help beperk? 
Ek sal graag nog 'n paar planne wil hoor om in ons huis te implimenteer :)

Groete tot volgende keer
RC
xxx

1 opmerking:

  1. Ek sou nie omgee as die hasie wat my groetejies so in die nag kom uitgrawe so oulik is nie hehe Ek sou hom nie dan probeer vang nie =) Dis te pragtig en rérig baie netjies en goed uitgedink. Al die groentetjies en vrugte lyk heeeerlik hehe die bessies lyk besonder lekker xxx Sal maar geduldig wag tot jy die ander ook wys =) xx

    AntwoordVee uit