Translate

Maandag 29 Augustus 2016

Materiaal Organisasie

Blink Idee om Materiaalkas te Orden

 Oor die naweek het ek vir 'n slag nie heeltyd naaldwerk gedoen nie, maar ek was nogsteeds tussen die materiaal.
 My kaste is alhoewel nog 'n work-in-progress soos hul sal se hehehe ek vat dit maar stap vir stap (m.a.w. ek maak nog kartonne bymekaar :)
Ek hoop ek inspireer nog iemand, want my skoonma het gister laat weet dat sy sommer haar hele kas in een asem reggepak het en sy is baie in haar skik met die ruseltaat :) ek sal haar moet vra om vir ons 'n foto te stuur.






<    Van dit......... 

 

 

 

 

 

 

                       

      ............na dit!! :)    >

 

 

 

 

 

 

Kom ek wys julle hoe maklik en vinnig dit is!!

 Benodighede:
* Karton
  -Ek het sommer papbokse gebruik, dis sommer 'n goeie manier om te herwin ook.
* Papier sker
 -NB!! MOENIE JOU NAALDWERK SKER GEBRUIK OM KARTON OF PAPIER TE KNIP NIE!!  DIT MAAK HOM ONGELOOFLIK VINNIG STOMP. 
* Potlood
* Groot skoon oppervlak
* Spelde
* Materiaal

STAP 1:
Knip die kartonne sodat hul almal dieselfde grootte is.  Myne is 22x15,5cm (dit is die grootte van 'n Ouma-beskuit boks, dan knip ek die ander kleiner om daarby aan te pas)

STAP 2:
  Vou die materiaal heel oop op jou oppervlak.  Ek het enige dun, klein stukkies materiaal, wat mens regtig nie sal kan gebruik, af gesny om die materiaal bietjie netjies te maak.









STAP 3:
 Vou die materiaal sodat dit 'n netjiese reghoek vorm (Jul weet mos hoe lyk 'n stuk materiaal wat alreeds vir iets gebruik is:  allerhande skewe punte wat mens nie kan afsny as jy die meeste uit die stuk materiaal wil kry nie)








STAP 4:
 Vou die materiaal dat die breedte van die materiaal min of meer dubbel die lengte van jou karton is.  Op die manier het die materiaal vir my die netjieste gevou, sonder om op die ou ent 'n boeppens in die middel te maak.








STAP 5
 Plaas jou karton in die middel van die breedte van die materiaal, 'n entjie van die punt af (soos in foto)
 Vou dan eers die regterkant en dan die linkerkant oor die katron.
 Maak seker dat jou vou mooi reguit loop met die lengte van jou materiaal.










STAP 6:
"Rol" nou die materiaal om en om die karton totdat jy by die einde van jou stuk materiaal kom.











STAP 7:
Steek vas met 'n speldjie, en SIEDAAR!!!!!
Een stuk materiaal netjies gevou.  Die karton maak dit lekker stewig, so nou kan jy dit regop of plat in jou kas bere en alles is dieselfde grootte.







*die einde*



Hierdie hopie het my seker 10min gevat, en dit sluit die tyd in wat ek moes spandeer om die kartonne bymekaar te maak en te knip :)

 Lyk dit nie sommer baie beter nie?  dit maak my sommer lus om naaldwerk te doen :) en ek is nie konstant besig om materiaal van een hopie na die ander te skuif terwyl ek na 'n spesifike stukkie soek nie. 
...maar soos jul kan sien, het ek nog 'n entjie om te gaan voordat alles mooi netjies is ;) ek sal almal net weer bietjie moet herhinder dat hul kartonne vir my moet bere :)
Hoop dit inspireer jul vir die week :)

Groete
RC
xxx

NOTA - Ek het iewers op die internet raakgelees dat daar mense is wat meen dat daar suur in die karton is wat die materiaal kan beskadig, maar hul het ook gereken dat die spelde sal roes en merke op die materiaal sal maak.  Ek is nie van plan om my materiaal so lank te bere nie ;) so hierdie plan is goed genoeg vir my!!  

Donderdag 25 Augustus 2016

Gebreide Kat

Gebreide Kat


 Die outjie is nogal kordaat met sy stert wat so pen orent staan :) Sy ogies en neus is van filt, so hy is veilig vir enige ouderdom, omdat hy nie los deeltjies het wat ingesluk kan word nie.

Beskrywing:  Gebreide kat met filt ogies en neus en materiaal binne ore.

Materiaal:  100% akriel wol, katoen ore en filt oe en neus.

Kleur:  Grys en wit kat met blou ogies en pienk neusie.  Blou geblomde materiaal binne die ore.

Mates:  25cm lank en 13cm hoog (tot op rug)

Die week het alweer so gevlieg!!  Ek kry darm redelik gedoen, maar dis net groterige projekte, so dit is nie elke dag iets wat ek kan post nie :)
Hoop ek kan dit volgende week opsit!! :D

Groete
RC
xxx 

  

Maandag 22 Augustus 2016

Cuddly Mini Flennie Kwilt - Pienk

Pienk Cuddly mini Flennie Kwilt

Die blog kan nou glad nie reg aan hierdie kombersie laat geskied nie.  Mens moet dit self kan voel om dit te waardeer.  Dis soooooo lekker sag!! :) mens wil dit net heeltyd streel.
 En ek dink dat daardie knobbels vir baba ook baie interessant sal wees.  Tekstuur is mos baie stimulerend op daardie vroe ouderdom :)

Ek dink hierdie was sover nog my gunsteling projek.  Dalk omdat dit so bietjie van 'n uitdaging was om daardie hoekies so eksie-perfeksie te kry.  Ek is mal oor die eindproduk <3


 Die kombersie is vir my net te pragtag met sy sagte knobbel materiaal en die mooi pienk randjie wat die flennie daarom vorm :) dit is ook nie te dik nie, net lekker lig en sag om baba gemaklik en snoesig te hou.

Beskrywing:  Ligte kwilt van knobbelrige cuddle materiaal en flennie agterkant wat aan die voorkant om vou om 'n randjie om die cuddle materiaal te vorm.

Materiaal:  Knobbelrige cuddle materiaal en flennie.


 KleurCuddle - ligte beige
Flennie - ligte pienk met donker pienk windpomp motief en Afr. frases.

Mates:  90x90cm

Die patroon is ook beskikbaar by www.sew4home.com.  Hul foto's en verduideliking is baie goed.

Die dag is ook alweer op sy rug.  Ek gaan nou kyk
of ek nie bietjie kan vorder met daardie ander projekkie waarmee ek besig is nie ;)

Groete
RC
xxx

BIETJIE BEHIND THE SCHENES: 
Kyk die oulike plan om die randjies mooi te stryk


...nog bietjie stryk
Kyk net al die spelde!!

 

Vrydag 19 Augustus 2016

Voeding Serp - Grys met Kant - VERKOOP

Grys, Kant Voeding Serp

 Ek het alweer vergeet dat die pragtage serp in die kas le en wag om sy verskyning op die blog te maak, tot die foto's is al klaar geneem! 
Dit is vir my so pragtag en vroulik, en hoef glad nie vir borsvoed-mamma's gereserveer te word nie ;)

Pragtig en vroulik

 Ag dit bly maar vir my 'n briljante idee hierdie!!  Die pragtige, vroulike serp wat instaan om vir mamma bietjie privaatheid te gee wanneer sy baba borsvoed.  Die kleur is lekker neutraal, so dit sal enige uitrusting mooi komplimenteer.

Beskrywing:  Ekstra bree infinity serp wat gebruik kan word as bedekking wanneer mamma baba wil borsvoed.  Die feit dat die serp om jou lyf gaan, maak dit ook moeiliker vir baba om dit skelmpies af te trek as wat jy net 'n kombersie sou oorgooi.

Materiaal:  Gebreide t-hemp materiaal en rekbare kant.

Kleur:  Wit materiaal met fyn, gebroke grys strepies en room-kleurige kant.

Mates:  85cm breed x 160cm in die rondte


instruksies
 
Groete
RC
xxx

Donderdag 18 Augustus 2016

Stilboek - Huisie

Huisie Stilboek - R250

Die stilboekie is een van die eerstes wat ek gemaak het, maar ek moet se die detail bly vir my baie oulik :) Dis altyd so lekker om die stilboeke af te neem en bietjie fotograaf te speel.
Die kombuis en dogtertjie met haar rokkie

 Die Voorblad - voordeur

Die voordeur

Die blommetjies GROEI!

 Die stilboek se voorblad is van die voordeur en daar is allerhande interessante goedjies wat hier wegkruip :)

Onder die venster is 'n blombak vol blomme wat kan GROEI!!  Dan is daar natuurlik 'n gieter om die blommetjies nat te maak en 'n grafie om die onkruid uit te spit ;) hul het elkeen 'n stukkie klitsgras aan en kan op die vensterbank staan of in die blombak.



Die gieter en grafie




Goggatjies onder die dak
 Onder die dak teels kruip daar 'n paar goggatjies weg wat elkeen 'n druk knopie aan het en op verskillende plekkies op die blad kan sit.  Soos die voeltjie wat op die venster raam sit en die stoute wurm wat amok tussen die blomme wil maak ;)
 

Voeltjie op vensterraam en stoute wurm
 Die deurknop is 'n knoop en lussie en sal klein handjies 'n rukkie besig hou :)
Die deurknop
Die dogtertjie wat almal by die voordeur verwelkom

Die Binneblad - kombuis + eetkamer

Die kombuis en eetkamer


Yskas vol kos

 Die binneblad is van 'n oopplan kombuis en eetkamer en alles wat mens in hierdie twee vertrekke sal nodig he :)

In die yskas is daar 'n eier, hoender boudjie en boks melk.


potte en panne
 In die kas bo die wasbak is daar 'n pot en 'n pan om op die stoof te gebruik.






 Bak 'n eier op die stoof of muffins in die oond, natuulik sal daar ook skottelgoed wees na al dai gebak en brou ;)


stoof en wasbak
muffins in die oond
breekgoed in die sideboard


tafel gedek vir een
In die eetkamer is 'n sideboard met al die breekgoed wat jy nodig het om die tafel te dek vir 'n feesmaal :)

Die Agterblad - piekniek onder die boom

Piekniek onder die boom
Op die agterblad is 'n groot boom.  'n Voeltjie het haar nessie tussen die digte blare gemaak :) Dis 'n lieflike sonskyn dag, perfek vir 'n piekniek!!  Die sonnetjie se middel is met 'n knopie vas.  Onder die boom is die kombers klaar oopgegooi vir ond dogtertjie om haar piekniek te geniet.

Mates:  25x33cm

Prys:  R250 + posgeld

Die idee vir die binnekant het ek van die internet af gekry, ek sal net eers weer bietjie die blog se naam moet gaan soek, dan sit ek dit vir jul op :)

Ek het toe nog nooit sover gekom om my slaapbroek te stik nie, maar ek is besig met ietsie anders  wat ek dink jul baie sal geniet.  Hoop ek kan dit binnekort post.

Groete
RC
xxx




Maandag 15 Augustus 2016

Kombers & Spoegdoek stel - pers

Pers Kombers & Spoegdoek ste - R275

Ek het lankal die idee gehad om die eenvoudige receiving blanket in die een of ander stelletjie te kombineer, maar toe ek die pers materiaal gaan koop het, het ek dadelik geweet dat dit perfek sal werk saam met die SSS :) Ek dink die kleure komplimenteer mekaar perfek.
Ek wil net dankie se vir my ma wat gehelp het om die kombersie met haar omkap masjien vir my om te stik.  Ek sal haar seker 'n cut van die wins moet gee ;P of hoe se jul??
 
Die pers en geel komplimenteer mekaar baie mooi
Ek dink hierdie is die IDEALE ooievaarstee geskenkie vir mamma&baba.  Blykbaar is 'n receiving blanket amper die handigste ding in baba se doeksak (nie dat ek uit ondervinding kan praat nie, maar ek hoor so) en ek dink die Super Skouer Spoegdoek is die ideale ding om dit mee te kombineer, dit sal tog help dat al jou pragtage kombersies nie vir spoegdoeke moet instaan en op die ou ent van die dag vol blertse gevlek is nie.  Ek dink ook die lap se patroon is ietsie anders.

Beskrywing:  *Enkel receiving blanket met omkapmasjien omgestik.
*SSS met mikrovesel agterkant en flennie bokant om baba teen te le, met skuinsstrook omgeboor.

Materiaal:  *Kombersie - flennie
*SSS - mikrovesel, flennie en katoen skuinsstrook

Kleur:  *Kombersie - Pers flennie met windpomp motief en afr. frases
*SSS - Pers flennie, geel mikrovesel en pers skuinsstrook

Mates:  Kombersie - 90x90cm
*SSS - 55x40cm


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie stelletjie te koop.

Die patroon vir die SSS is beskikbaar by www.sew4home.com onder Erganomic Burp Cloth.   

Nou gaan ek eers my slaapbroek wat skoonma die vakandie vir my help knip het gaan stik.

Lekker aand


Groete
RC
xxx