Translate

Donderdag 18 Augustus 2016

Stilboek - Huisie

Huisie Stilboek - R250

Die stilboekie is een van die eerstes wat ek gemaak het, maar ek moet se die detail bly vir my baie oulik :) Dis altyd so lekker om die stilboeke af te neem en bietjie fotograaf te speel.
Die kombuis en dogtertjie met haar rokkie

 Die Voorblad - voordeur

Die voordeur

Die blommetjies GROEI!

 Die stilboek se voorblad is van die voordeur en daar is allerhande interessante goedjies wat hier wegkruip :)

Onder die venster is 'n blombak vol blomme wat kan GROEI!!  Dan is daar natuurlik 'n gieter om die blommetjies nat te maak en 'n grafie om die onkruid uit te spit ;) hul het elkeen 'n stukkie klitsgras aan en kan op die vensterbank staan of in die blombak.



Die gieter en grafie




Goggatjies onder die dak
 Onder die dak teels kruip daar 'n paar goggatjies weg wat elkeen 'n druk knopie aan het en op verskillende plekkies op die blad kan sit.  Soos die voeltjie wat op die venster raam sit en die stoute wurm wat amok tussen die blomme wil maak ;)
 

Voeltjie op vensterraam en stoute wurm
 Die deurknop is 'n knoop en lussie en sal klein handjies 'n rukkie besig hou :)
Die deurknop
Die dogtertjie wat almal by die voordeur verwelkom

Die Binneblad - kombuis + eetkamer

Die kombuis en eetkamer


Yskas vol kos

 Die binneblad is van 'n oopplan kombuis en eetkamer en alles wat mens in hierdie twee vertrekke sal nodig he :)

In die yskas is daar 'n eier, hoender boudjie en boks melk.


potte en panne
 In die kas bo die wasbak is daar 'n pot en 'n pan om op die stoof te gebruik.






 Bak 'n eier op die stoof of muffins in die oond, natuulik sal daar ook skottelgoed wees na al dai gebak en brou ;)


stoof en wasbak
muffins in die oond
breekgoed in die sideboard


tafel gedek vir een
In die eetkamer is 'n sideboard met al die breekgoed wat jy nodig het om die tafel te dek vir 'n feesmaal :)

Die Agterblad - piekniek onder die boom

Piekniek onder die boom
Op die agterblad is 'n groot boom.  'n Voeltjie het haar nessie tussen die digte blare gemaak :) Dis 'n lieflike sonskyn dag, perfek vir 'n piekniek!!  Die sonnetjie se middel is met 'n knopie vas.  Onder die boom is die kombers klaar oopgegooi vir ond dogtertjie om haar piekniek te geniet.

Mates:  25x33cm

Prys:  R250 + posgeld

Die idee vir die binnekant het ek van die internet af gekry, ek sal net eers weer bietjie die blog se naam moet gaan soek, dan sit ek dit vir jul op :)

Ek het toe nog nooit sover gekom om my slaapbroek te stik nie, maar ek is besig met ietsie anders  wat ek dink jul baie sal geniet.  Hoop ek kan dit binnekort post.

Groete
RC
xxx




2 opmerkings:

  1. Dis 'n regte huis-huis-speel-boekie =) Net genoeg blaaie om n mensie lekker in die kerk besig te hou. Ek is mal oor die piekniekmandjie, die kos in die yskas lyk darem self lekker hehe Baie oulik xx

    AntwoordVee uit
  2. Ek hou self baie van die mandjietjie :)

    AntwoordVee uit