Translate

Donderdag 31 Augustus 2017

Materiaal - perde en vragmotors

Oulike Materiaal Aankope

*Hierdie post bevat affiliated links.
 
 As jy hier op my blog 'n draai maak, hou jy tien teen een van naaldwerk...

...en as jy van naaldwerk hou, dan hou jy DEFNETIEF van materiaal!!

Kom ek wys julle wat ek onlangs gekoop het :)



Ja!  Natuurlik moet daar perde wees!!  ;)
Ek eye hierdie materiaal al sooooo lank en toe is dit op die koop nog goedkoper as wat ek gedink het!

Ek het nog nie 'n plan vir hierdie stuk materiaal nie, maar ek bȇre dit vir ietsie spesiaals vir myself  hehe dit sal ook oulik werk vir 'n stilboek

Toe ek met die rol materiaal onder die arm in die winkel rond geloop het, het 'n tannie my voorgekeer en gevra of ek die hele rol gaan koop?  Nee, gits!!
Sy wil toe ook graag daarvan hȇ om vir haar kleindogter 'n kwilt te maak en Poplap het gevra dat daar perde op moet wees.
Ek sou nogal graag wou sien hoe daardie kwilt uitgedraai het :) 
Ek sal ook nie omgee vir 'n laslappie-perde-kwilt nie!!
Dalk moet ek tog die res van daardie rol materiaal gaan opraap! ;P

Hier is 'n link vir soortgelyke materiaal met 'n groen agtergrpnd:
perde materiaal op amazon*




Hierdie stukkie materiaal is vir my net te pragtag!
Ek het ietsie pers gesoek - want ek probeer elke keer 'n stukkie materiaal in 'n ander kleur koop, sodat ek 'n groter verskeidenheid in my stash het. 
Dis toe perfek met die oulike prentjies en inspirerende Bybel versies ♡

Ek het van hierdie materiaal gebruik om vir Skoonsus 'n geskenkie te maak vir haar verjaarsdag wat al in Julie was!!
Liewer laat as nooit nie...  ons is darem nog in dieselfde jaar :) hehe

Ek sal later vir julle wys wat ek gemaak het, nadat ek dit vir haar gegee het natuurlik.


 Laaste maar dan ook nie die minste nie..
Hierdie dierbare flennie met die vragmotors op!!

Dis so min dat mens oulike materiaal kry vir seuntjies en hierdie is regtig ideaal.
Ek dink ek moet 'n kombersie en spoegdoek stel daarmee maak :)

Ek het hierdie soortgelyke flennie met wit agtergrond op Amazon gesien:
laaigraaf materiaal op Amazon*

Dit is dan al wat ek het om vir julle te wys.
Ek het al hierdie materiaal by MGE, in Port Elizabeth gekoop.

Wat sou julle met die materiaal maak?

Dit lyk vir my die lente is uiteindelik hier.  Die voȅltjies sing so vrolik en ek sien hulle is almal besig om nes te bou.  So die tyd vir kombersies maak is seker verby vir hierdie jaar.  Of is dit juis tyd om aan die werk te spring vir al die ooievaars tee's?? 

Volg my asseblief op Bloglovin ♡

Gaan kyk ook na hierdie twee posts oor ander materiaal wat ek al gewys het
materiaal 
materiaal - kabouters 

Gaan lees ook hoe om jou materiaal te organiseer

Groete
RC
xxx
 

Donderdag 24 Augustus 2017

Naaldwerkkamer Organisasie

Organisasie in die Pienk Naaldwerkkamer

*Hierdie post bevat affiliated links.

'n Hele ruk terug het ek gesȇ dat ek vir julle sal wys wanneer ek my naaldwerkkamer eendag reggepak het.

Wel, dis seker hoekom hier kouefront op kouefront hier verbykom, want ek het dit uiteindelik gedoen!!!
Maar voordat dinge beter geraak het, het dit eers baie erger geraak (soos jul op die foto's sal sien hehe)

Ek het ook nooit so ver gekom om laaitjies, rakkies en ander goedjies vir die doel te koop nie, toe moet ek maar werk met wat ek het.
Ook maar goed dat ek so sukkel om weg te gooi, want al die leȅ karton dosies het baie handig te pas gekom, en toe hoef ek nie 'n sent te spandeer nie!!  :P
Wys jou net REDUCE, REUSE, RECYCLE!! 

VOOR





Soos julle kan sien het dit WOES gelyk.  Ek het alles van een hopie na die ander geskuif en dit was 'n nagmerrie om enige iets te kry.
Maar ek het bly procrastinate, "want met daai tyd wat ek gebruik om reg te pak kan ek mos liewer naaldwerk doen"
Hmmm ja, maar ek wonder hoeveel tyd ek gemors het terwyl ek na goed moes soek???
En in sulke deurmekaargeit kan mens mos nie kreatief wees nie! 

Ek hoop dat ek nou my les geleer het en volgende keer sommer van die begin af sal regpak.
(ek sȇ ook elke keer so ;) hehe)
Dalk sal dit help om dan net weer hierdie post te lees!!

Ek hoop ek inspireer een of twee van julle om ook bietjie reg te pak, sadat daardie kreatiewe sappe weer vrylik kan vloei :)

Hier is die eindresultaat...

NA


★ Die hondebedjie is die belangrikste ding, want ek het mos twee helpertjies wat altyd naby moet wees.
★ Dan het ek twee wasgoedmandjies (eintlik het ek hulle gekoop vir iets anders, maar die projek het deur die mat geval en toe is hulle baie handig) - een vir afgehandelde projekte en een vir moet doen projekte soos stukkende klere, ens. - Ek moet die mandjies eintlik merk, want ek raak deurmekaar met die twee hehe 
Soortgelyke wasgoedmandjies op Amazon*
★ Die lessenaar gebruik ek nou vir 'n knip stasie, so ek probeer die oppervlak skoon hou van enige clutter - daar lȇ die eerste projek al en wag ;)

EERSTE LAAI


In die boonste laai van my lessenaar het ek meestal naaldwerk goed gepak.
Ek het afgesnyde karton dosies gebruik om dit te organiseer.
1.  Allerlei los goedjies, soos ekstra gare, ekstra maatband, bobbins, ens.
2.  Rekke, klitsgras en ritssluiters.
3.  Linte en kant.
4.  Knopies en kraletjies.
Agter in die laai is ook  nog plastiek houertjies met staal knippies, knopies, ringetjies en allerhande ander los goedjies in, maar mens kan dit nie mooi op die foto sien nie.

TWEEDE LAAI


In die onderste laai is my skryfbehoeftes - die lessenaar is nou die ideale plek om boekhouwerk en ander skryfwerk te doen, want dit is mos nou 'n oop oppervlak.
1.  Pennesakkies wat koki's, potlode, uitveȅrs, ens. bevat.
2.  Enige gom - kleefband, prit, bostic clear en modge podge.
3.  Allerlei skryfbehoeftes, soos 'n sakrekenaar, passer, koeverte, ens.
Agter in die laai is ook ander skryfbehoeftes soos inkleurkryte en my pons drukker :)


Hierdie rak is sowaar ideaal en ek dink dat ek beslis eendag so een in my permanente naaldwerkkamer sal opsit.
Dis nou die ideale plek vir die skootrekenaar en naaldwerkmasjien, met genoeg spasie vir albei.


Die gare is lekker byderhand op die rak naby die masjien.
Ook in afgesnyde karton dosies georganiseer 
en al die bobbins in hierdie spesiale kassie.


Die kas is ook reggepak, met al die gevoude materiaal in 'n plastiek krat - wat baie help om die stof van jou mooi materiaal af te hou
en 'n skoendoos vir projekte wat klaar is en wag om na die winkeltjie te gaan.
Agter in die hoek is ook opgerolde geskenkpapier, bruinpapier, batting, ens.
In die plastieksak bȇre ek scrapbook papier - wat ek deesdae nogal min gebruik.


Binne-in die plaskiek krat het ek ook nog 'n karton doos met groter rolle lint, kant en skuinsstrook.

Die ander materiaal kas lyk nog net dieselfde, maar dis darem maklik om die materiaal daar te kry.

 Nou het alles 'n plek en is dit sommer tjoef-tjaf om reg te pak nadat ek aan 'n projek of twee gewerk het :)

 Hoop dit inspireer julle.
As ek dit kan doen, kan enige iemand!!
En dit hoef jou ook nie 'n arm en 'n been te kos nie :)

Oja!
Amper vergeet ek!
Ek wil net solank vir julle vertel van die Basiese Naaldwerk Reeks wat ek gaan uitbring :)
Hou hierdie spasie dop!

Warm Groete
RC
xxx 

Saterdag 19 Augustus 2017

Bloglovin'

RC Handgemaak is op Bloglovin'

En wat is Bloglovin', vra julle??

Dis 'n baie goeie vraag!!
En ek het gedink om 'n kort post daaroor te skryf om vir julle te verduidelik hoe dit werk ♡



Bloglovin' is 'n platvorm wat jou toelaat om al jou gunsteling blogs te organiseer op een plek!  Dan is dit maklik om op datum te bly en die nuutste posts op jou gunsteling blogs te lees.  So as jy 'n gereelde blog leser is sal ek beslis aanbeveel dat jy hop-skop-en-oorspring-daarheen!!

 Ek het self eers nou die dag aangesluit en pluis ook nog uit hoe presies dit werk.
As enige iemand wenke het, moet jy asb. van jou laat hoor?!?  :)

 Hier is hoe ver ek al gevorder het...

❤ Maak vir jou 'n Bloglovin' rekening oop.  Al wat jy nodig het is 'n e-pos adres en 'n wagwoord.

Claim jou blog, as jy een het.
Nadat jy jou blog gekry, en aansoek gedoen het stuur hul vir jou 'n e-pos wat dit stap vir stap verduidelik
 - maar jy het hoegenaamd nie 'n blog nodig om Bloglovin' te gebruik nie!

Volg jou gunsteling blogs - dan sal al hul nuutste posts op jou feed verskyn, sodat jy NOOIT uitmis nie!
Loer hier aan die regterkant van my bladsy vir die Bloglovin' knoppie om RC Handgemaak op Bloglovin' te volg →

❤  Dan kan jy enige post LOVE♡ (wat soos 'n like is), ORGANISEER+ (in verskillende katogoriȅ) of DEEL↱ (op Facebook, Twitter of Pinterest) en ook merk as KLAAR GELEES.
Dis enige blogger se droom dat jy sommer al hierdie knoppies druk as jy van hul post gehou het ;)

Google Analytics is ook sommer ingesluit, sodat jy kan sien hoeveel mense jou profiel besoek en allerhande ander interesante data.

❤ Op hierdie manier is al jou gunsteling blogs op een plek en is dit maklik om nog blogs en posts te soek in die katogorieȅ waarin jy belangstel :)

❤ Oja!  En daar is 'n oulike funksie waar jy kan gaan kies watter soort e-posse, indien enige, Bloglovin' vir jou aanstuur (ek hou baie hiervan, want ek wil nie so baie e-posse kry nie)

...en dit is hoe ver ek die besigheid uitgepluis het!
Hoop dit spoor jou aan om daar 'n ogie te gaan gooi en dalk aan te sluit en my ook te volg!!  ;D

Geniet julle naweek verder!

Groete
RC
xxx

Donderdag 10 Augustus 2017

My Seisoene Stilboek - Winter

Mense!!
Die winter is amper verby en ek het nog nie my stilboek se laaste blad met julle gedeel nie!

Hier is dit!


"A picture is worth a thousand words..."

so ek hoef nie veel te se nie.
Die hele blad is vir my so snoesig en kyk hoe lekker slaap die uiltjie onder die maan en sterre ✰


Bou die sneeuman...

...en sit sy hoed, serp en mus aan.


Volg die takbok se spore...


...en die wolf s'n.


✰ terwyl ons krimpvarkie rustig slaap
 

Fluit-fluit ons storie is uit!!

Geniet die laaste bietjie van die winter!!
Groete
RC
✰✰✰ 

Maandag 07 Augustus 2017

Follow my blog with Bloglovin Ek is ook nou op Bloglovin!!

Kom leer saam met my hoe dit werk, of dalk kan jy bietjie vir my verduidelik :P

Groete
RC
xxx

Dinsdag 01 Augustus 2017

Mini Speldekussings

Handige Klein Speldekussings - R15

Hallo!
Long time no see...

Hier is so ietsie waarmee ek besig was ♡ 


Dink julle nie ook dat hulle te dierbaar is nie??

Julle kan die tutoriaal hier kry.


Hierdie speldekussings is ideaal om met 'n klein stukkie dubbele kleefband aan jou stikmasjien vas te sit sodat hy altyd byderhand is vir die speldjies wat jy uithaal voor jy kan stik :)

Hoop julle hou daarvan :)


Wil jy een van hierdie speldekussinkies he?  Ek het besluit om 5 van hierdie outjies weg te gee aan die eerste 5 lesers wat comment op hierdie post :)
Onthou net om jou naam en pos adres in te tik!!  
Alle kommentaar word eers gemodereer voordat ek dit plaas, so moenie bekommerd wees dat die hele internet wereld nou jou adres sal he nie!!
Voel ook vry om jou e-pos adres daar te los as jy so af en toe 'n inspirerende e-pos of spesiale aanbieding van my wil ontvang :)
Jul hoef ook nie te vrees dat ek julle elke dag met e-posse sal oorval nie.  So lief is ek glad nie vir e-posse tik nie!;)
Voel ook vry om my direk te e-pos, indien die comment ding nou nie in jou kraal val nie hehe
Groete
RC
xxx