Translate

Maandag 29 Augustus 2016

Materiaal Organisasie

Blink Idee om Materiaalkas te Orden

 Oor die naweek het ek vir 'n slag nie heeltyd naaldwerk gedoen nie, maar ek was nogsteeds tussen die materiaal.
 My kaste is alhoewel nog 'n work-in-progress soos hul sal se hehehe ek vat dit maar stap vir stap (m.a.w. ek maak nog kartonne bymekaar :)
Ek hoop ek inspireer nog iemand, want my skoonma het gister laat weet dat sy sommer haar hele kas in een asem reggepak het en sy is baie in haar skik met die ruseltaat :) ek sal haar moet vra om vir ons 'n foto te stuur.






<    Van dit......... 

 

 

 

 

 

 

                       

      ............na dit!! :)    >

 

 

 

 

 

 

Kom ek wys julle hoe maklik en vinnig dit is!!

 Benodighede:
* Karton
  -Ek het sommer papbokse gebruik, dis sommer 'n goeie manier om te herwin ook.
* Papier sker
 -NB!! MOENIE JOU NAALDWERK SKER GEBRUIK OM KARTON OF PAPIER TE KNIP NIE!!  DIT MAAK HOM ONGELOOFLIK VINNIG STOMP. 
* Potlood
* Groot skoon oppervlak
* Spelde
* Materiaal

STAP 1:
Knip die kartonne sodat hul almal dieselfde grootte is.  Myne is 22x15,5cm (dit is die grootte van 'n Ouma-beskuit boks, dan knip ek die ander kleiner om daarby aan te pas)

STAP 2:
  Vou die materiaal heel oop op jou oppervlak.  Ek het enige dun, klein stukkies materiaal, wat mens regtig nie sal kan gebruik, af gesny om die materiaal bietjie netjies te maak.









STAP 3:
 Vou die materiaal sodat dit 'n netjiese reghoek vorm (Jul weet mos hoe lyk 'n stuk materiaal wat alreeds vir iets gebruik is:  allerhande skewe punte wat mens nie kan afsny as jy die meeste uit die stuk materiaal wil kry nie)








STAP 4:
 Vou die materiaal dat die breedte van die materiaal min of meer dubbel die lengte van jou karton is.  Op die manier het die materiaal vir my die netjieste gevou, sonder om op die ou ent 'n boeppens in die middel te maak.








STAP 5
 Plaas jou karton in die middel van die breedte van die materiaal, 'n entjie van die punt af (soos in foto)
 Vou dan eers die regterkant en dan die linkerkant oor die katron.
 Maak seker dat jou vou mooi reguit loop met die lengte van jou materiaal.










STAP 6:
"Rol" nou die materiaal om en om die karton totdat jy by die einde van jou stuk materiaal kom.











STAP 7:
Steek vas met 'n speldjie, en SIEDAAR!!!!!
Een stuk materiaal netjies gevou.  Die karton maak dit lekker stewig, so nou kan jy dit regop of plat in jou kas bere en alles is dieselfde grootte.







*die einde*



Hierdie hopie het my seker 10min gevat, en dit sluit die tyd in wat ek moes spandeer om die kartonne bymekaar te maak en te knip :)

 Lyk dit nie sommer baie beter nie?  dit maak my sommer lus om naaldwerk te doen :) en ek is nie konstant besig om materiaal van een hopie na die ander te skuif terwyl ek na 'n spesifike stukkie soek nie. 
...maar soos jul kan sien, het ek nog 'n entjie om te gaan voordat alles mooi netjies is ;) ek sal almal net weer bietjie moet herhinder dat hul kartonne vir my moet bere :)
Hoop dit inspireer jul vir die week :)

Groete
RC
xxx

NOTA - Ek het iewers op die internet raakgelees dat daar mense is wat meen dat daar suur in die karton is wat die materiaal kan beskadig, maar hul het ook gereken dat die spelde sal roes en merke op die materiaal sal maak.  Ek is nie van plan om my materiaal so lank te bere nie ;) so hierdie plan is goed genoeg vir my!!  

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking