Translate

Vrydag 02 September 2016

tag kombersie - pers

Pers tag kombersie

YAY!!  My eerste projekkie vir die lente!! :D
Nou dat dit watmer is, het my planne skielik begin opdroog vir goedjies om te maak.  Seker omdat mens nie kombersies en al daai lekker goedjies wat ek vantevore gepost het dan so handig vind nie, en verder weet almal dat ek vinnig na die winter terugverlang!!  Ek vind die hitte net nie so inspirerend nie hehe en dan is ek ook besig met groter projekte wat bietjie langer vat en nie elke dag op die blog kan verskyn nie.

Darem het ek weer hierdie idee opgediep nadat ek bietjie inspirasie in my lysies gaan soek het ;)
Love julle nie ook lysies nie??

Hierdie is so eenvoudige idee en blykbaar is baba-handjies mal daaroor!!  Mens kan dit ook maklik verstaan, want met al die teksture kan ek dit ook nie uitlos nie!  Die idee is nie om baba warm te hou nie, maar liewer om ietsie te verskaf om baba besig en geintresseerd te hou.

Beskrywing:  Klein reghoekige kombersie met gevoude linte om die rand vir baba om te vryf en te voel.

Materiaal:  Flennie en knobbelrige cuddle materiaal met lint.

Kleur:  Pers flennie met windpomp motiewe 
Ligte beige cuddle materiaal
Room en seegroen linte.

Mates:  30x25cm

 Die idee het ek gekry by www.lemonadeandlollypops.com.  Daar is 'n baie oullike tutoriaal hoe om dit te maak.
 
Groete
RC
xxx

1 opmerking:

  1. Dis alwéér 'n oulike idee!!! Ek wens ek het ook so iets gehad toe my kinders klein was. En dis sommer 'n lekker projek om van resbietjies lap en lint ontslae te raak =) xx

    AntwoordVee uit