Translate

Dinsdag 27 September 2016

Sterretjie Stilboek

Sterretjie Stilboek -R340

Ag ek is so in my skik met hierdie stilboekie :) dit was heeltemal my eie idee en lekker vinnig om te maak, so nou is hy darem bekostigbaar ook.


Ek en my ma het lank terug al hierdie masjien stikwerk begin doen en toe ek hierdie oulike figuurtjies kry het ek geweet dat ek 'n stilboekie van hulle moet maak :)



Beskrywing:  Klein stilboekie met masjien geborduurde figuurtjies.


Materiaal:  Die binne bladjies is van ongebleikte linne en die buiteblad en figuurtjies van kwilt katoen.


Kleur:  Swart geblomde buiteblad.
Wit binneblaaie met verskillende kleur figuurtjies.


Mates:  19x19cm x 3cm dik


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie boekie te koop.








Dis die lieflikste weer hier vandag!!  Net reg vir koffie drink en blog en naaldwerk doen :)

Groete
RC
xxx  

1 opmerking:

  1. Dierbaarheid, dis nou te oulik vir woorde!!! Dis lekker om te kan sé dis jou eie planne wat jy uitgedink het =) xx Ek kry ook sommer lus om so iets te doen hehe En ja dis lekker bekostigbaar, want so 'n boekie kan vir baie jare gebruik word en is wasbaar =) xx

    AntwoordVee uit