Translate

Donderdag 22 September 2016

My Seisoene Stilboek - Lente

My Seisoene Stilboek

Lente

Mens kan nou maar se dis waar die stilboek-gogga my gebyt het.  Hierdie boek is vir my nogal spesiaal en ek bere hom vir eendag ;)

Die stilboek handel oor die 4 seisoene.  Ek sal hul so een-vir-een post :)

 VOORBLAD


LENTE


Op die eerste blad is dit lente.  Baie blommetjies en 'n reenboog laat my aan die seisoen dink :)


Op die linkerblad het ek elke keer die naam van die seisoen geskryf.  Ek dink dis goed dat kinders van baie jongs af aan hul moedertaal blootgestel word, al kan hul nog hoegenaamd nie lees nie.




Natuurlik sal daar nog 'n paar donderbuie wees in die lente, anders sal daar mos nie reenboe kan wees nie!!  Die blou wolkie kan afhaak en dan skyn die son.  Die reendruppels kan ook invou en dan is dit net 'n bewolkte dag :) eindelose kombinasies!



Al die goggatjies het 'n magneet in en kan van hul blommetjie na die ooreenstemmende kleur op die reenboog skuif.  Die blommetjies en reenboog het eenvoudige staal wastertjies aan(my slim man se idee!) en dit werk nogal verbasend goed :)




Binne-in die boomstomp bly 'n bytjie-koningin wat aan 'n lintjie vas is en sy kan ook by die blommetjies gaan kuier...


 ...en agter die stomp bly 'n krimpvark-gesinnetjie!!  In die lente het al die diere mos babatjies ;)




'n Voeltjie het ook haar nessie in die boom gemaak met twee klein kuikentjies wat al uitgebroei het.


En natuurlik moet daar 'n paar donsige skapies tussen die pienk blomme wei.  Hul is seker nog dragtag, want daar is nog nie lammertjies nie ;) hehehe

Dit was nogal bietjie van 'n gesukkel om die boek aanmekaar te sit en ek het darm al 'n paar dingetjies geleer vandat ek hierdie eerste boek gemaak het.  Een daarvan is om 'n groot genoeg naattoelating by die rugkant van die boek te laat wanneer jy begin.  Ek laat nou 3cm aan bv. die linkerkant van hierdie lente blad en 2cm om die res van die sye vir die skuinsstrook.
Ek eksperimenteer ook nou 'n bietjie met verskillende metodes om die boeke te bind.  Danksy ander gawe bloggers wat hulle idees met ons deel :)

Skoonsus het mos ook 'n seisoen stilboek bestel, maar hy is so bietjie aangepas van hierdie een af.  Ek moet nou nog bietjie inspirasie kry en solank die plan teken vir die herfs blad (dis reg!!  Lente en somer is al klaar, maar jul kan maar nog bietjie nuuskierig wees :P hehe) dit gaan die 'tel' blad wees, maar sal nog bietjie moet kopkrap oor daardie een.

Geniet die lente!!

Groete
RC
xxx

1 opmerking:

  1. Al is jy iemand wat lief is vir die winter(soos ek)inspireer hierdie lenteblad mens om baie uit te sien na die lente =) xxxx Die detail is ongelooflik!! Baie goed uitgedink en natuurlik beplan....... As mens so baie liefde en sorg in 'n projek gesit het, wil mens dit vir jouself hou ja! Gelukkige kindertjies hehe xx =)

    AntwoordVee uit