Translate

Donderdag 08 September 2016

Kombers & Spoegdoek stel - blou & geel - VERKOOP

Blou & Geel Kombers & SSS stel - R220 -VERKOOP

Nadat ek die pers stelletjie gemaak het, moes ek darm 'n blouetjie ook maak.  Ek is eintlik jammer dat die oulike blou hasie materiaal nou opgebruik is.
 Ek dink dat hierdie stelletjie die ideale ooievaarstee geskenkie is :) en die patroon is darm neutraal genoeg sodat dit vir 'n seuntjie of dogtertjie sal werk.


Beskrywing:  Die stelletjie bestaan uit 'n omgekapte, flennie receiving kombersie en 'n super skouer spoegdoek.

Materiaal:  Kombersie - flennie
Spoegdoek - flennie en mikrovesel



Kleur:  Wit flennie met prettige haas patroon met blou skakering, geel mikrovesel en blou skuinsstrook om die spoegdoek.
  
Mates:  Kombersie -100x96cm
55x40cm

Prys:  R220 +posgeld

Die patroon vir die spoegdoek is beskikbaar by www.sew4home.com

Groete
RC
xxx  

1 opmerking:

  1. Die afgelope drie projekte pas so mooi by mekaar en dis alles wat mens nodig het hehe Hierdie kombersie en spoegdoek is vir na bad en bottel en die stilboek vir net voor gaan slaap en die olifant om saam te slaap! En die kleure pas perfek =) xx Dan moet daar nog net 'n 'mobile' bokant die bedjie hang wat ook daarby pas =D

    AntwoordVee uit