Translate

Woensdag 07 September 2016

Kop & Stert Stilboek

Kop & Stert Stilboek - R815

Uiteindelik!!!  :D Ek het mos gese dat ek besig is met 'n "geheime projek".  Nouja!!  Hier is hy nou in al sy glorie!!  Ek is nogal baie in my skik met hoe dit uitgekom het :)


Ek loop al lankal met hierdie idee in my kop en ek dink dat dit 'n klein mensie met oneindige pret sal verskaf.
Die idee is om die gesiggie by die regte lyfie te pas.  Ek is absoluut gaande oor die diere figuurtjies, van hul lyk so stout ;)

mnr. Olifant
 Beskrywing:  'n Stilboek van verskillende diere.  Die idee is om die gesig en lyf bymekaar te pas.  Met ringetjies gebind wat die ouer in staat stel om die diere te skommel sodat dit bietjie moeiliker kan wees soos die kind ontwikkel.  Absoluut geen klein stukkies wat ingesluk kan word nie, so dit is geskik vir die kleinste babatjie en sal tot in die kleuter jare geniet kan word.

die Krokodil
 Materiaal:  Katoen bladsye met vilt diere motiewe.  Voor- en agterblad is ook van katoen met 'n stywe batting gestop.  Met metaal ringetjies gebind.

mnr. Seekoei
 Kleur:  Die buiteblad is lig blou gestreepte patroon met fyn blom motief en die binneblad is 'n neutrale beige.  Die blaaie is van verskillende kleure en motiewe en ook verskillende teksture, wat dit vir baba van jongs af baie interessant maak.

tannie Panda
 Mates:  25cm breed x 28cm hoog x 5cm dik

mev. Kangaroo
 Gaan na myHello Pretty Winkel om hierdie stilboek te koop.




Skommel die diere om dit interessant te hou
Nouja!  Ek sal vandag bietjie aan my skoonsus se stilboek moet werk, anders sal hy ook nooit klaarkom nie! :)
Groete
RC
xxx 

1 opmerking:

  1. Ek hoop nie iemand vra my ooit om te sé watter van die projekte die oulikste is nie, ek sal GLAD nie kan besluit nie!!! Hierdie figuurtjies van die stilboek is verskriklik oulik, mens wil hulle net druk en 'n knypie op die boud gee hehe Is baie nuuskierig hoe die een vir skoonsus gaan lyk xxx =)

    AntwoordVee uit