Translate

Saterdag 03 September 2016

Dinosaurus poppie - blou

Blou Dinosaurus poppie

Hmm.. die creative juices vloei darem nou weer beter :) seker omdat die voeltjies so vrolik sing en my plantjies weer begin uitloop.  Die groente wat ek gesaai het kom ook op!!  Wag nou net vir die spesiale pet grass  wat ek gesaai het vir die worshonde hehe die somer bring darm nie net hittegolwe nie ;)

Wat dink julle van die outjie?

Die outjie is vir my te oulik en vandat ek sy prentjie gesien het, het ek geweet ek moet hom maak!  Hy het ook van dai oulike taggies aan wat baba kan vryf en voel

Beskrywing:  Sagte dinosaurus poppie met lint tags aan.

Materiaal:  Flennie, katoen en lint.

Kleur:  Flennie - wit met fyn blou blom patroon
Katoen - denim blou
Lint - blou en seegroen

Mates:  12x25cm


Ek het die patroontjie by firstdayofmae.blogspot.com onder baby dino gekry :)

Groete
RC
xxx  

1 opmerking:

  1. Dis net die regte grootte vir 'n sagte maatjie om saam te slaap met sagte 'stekels' hehe Die verskillende soort materiaal maak dit lekker interessant xx As die pet grass groei, wys bietjie hoe dit lyk, dit sal weer ietsie interessant wees om te sien =)

    AntwoordVee uit