Translate

Donderdag 29 September 2016

Cuddly Mini Flennie Kwilt - Blou

Blou Cuddly Mini Flennie Kwilt - R375

Ek het vir weke gebrand om hierdie kombersie te maak en die materiaal het hier reg en gewas gele, maar daar het net elke keer iets bly voorval.  Nou is hy darem klaar en die eindresultaat is lieflik!!  Ek oorweeg dit defntief om 'n groot een te maak wanneer die winter weer aankom.  Dis mos nie net baba's wat hou van cuddle in die koue nie :)


Beskrywing:  Cuddly baba kombersie met flennie agterkant wat om die cuddle vou om 'n mooi randjie aan die voorkant te vorm


Materiaal:  Cuddle materiaal en flennie


Kleur:  Cuddle - baba blou
Flennie - baba blou met wit windpomp motief en Afrikaanse frases


Mates:  90x90cm


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie kombersie te koop.

Die patroon is beskikbaar by www.sew4home.com

Groete
RC
xxx  

2 opmerkings:

  1. Wens ek nou die winter moet sommer weer kom hehe xx Dit lyk baie snoesig en warm. Daar is seker hondeliefhebbers wat dit vir hul hondebaba's ook sal gebruik =) Sien uit na die volgende projek.....

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Met hierdie warm weer verlang ek ook sommer vinnig terug na die winter!! Ja, ek het juis gedink om 'n paar eenvoudiger fleece kombersies te maak vir honde-kinders :) sal dit op my lysie moet sit

      Vee uit