Translate

Dinsdag 18 Oktober 2016

Baba Mobile - Maan en Sterre

Blou Maan en Sterre Baba Mobile

Ek het nou maar besluit om vir julle te wys waarmee ek besig is, want ek kom net nie sover om ietsie klaar te maak nie!

Terwyl dit nou somer se kant toe staan wil ek fokus op stilboeke en ander speelgoed, dan bere ek die kombersies en ander snoesige goedjies vir die winter.
En elke babakamer moet mos 'n mobile bo die wiegie he om daardie nuuskierige ogies besig te hou :)

Hier is wat ek sover gedoen het......




Hier is die patroontjie wat ek geteken het vir die maan, ster en wolkie.


Hier is al die bestandele:  die patroon, filt en hekel gare om alles aanmekaar te hang.  Ek het net vergeet om die stopsel ook by te sit, want ek gaan dit liggies stop.


Ek het darem al een sterretjie klaargemaak en die volgende enetjie al uitgeknip :)

Nouja!  Laat ek aan die werk spring.  Hopelik maak ek dit die week klaar sodat jul dit kan sien.  Ek beplan om 'n pienk en pers een ook te maak, maar laat ons eers sien hoe hierdie een uitdraai :)

Hul het reen voorspel vir vandag en dit lyk baie belowend.  Ek hoop hul is reg, want ek werk altyd soveel lekkerder in sulke weer, en my tuin sal dit baie waardeer :)

Groete
RC
xxx 

2 opmerkings:

  1. Dis nou weer lekker inspirasie om al die 'bestandele' te sien en te sien hoe dit vorder tot die eindproduk =) xx 'n paar reendruppels by die mobile sal dalk die reen nader bring hehe Ek kyk uit so na die einde van die week..........

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek dink regtig dat ek 'n paar reendruppels by die volgende mobile moet inwerk. Die hitte raak darem nou net te erg!! 'n Bietjie reen sal lekker lafenis bring :)

      Vee uit