Translate

Donderdag 27 Oktober 2016

Baba Mobile - pienk maan en sterre

Pienk Maan en Sterre Mobile

Ag, hierdie enetjie het net so mooi gekom en sal perfek wees vir 'n baba-dogtertjie se kamer :)


Beskrywing:  Eenvoudige mobile om bo baba se wiegie te hang.

Materiaal:  Vorms is van filt en met katoen hekelgare aanmekaar gehang.


Kleur:  Grys maan, pienk en pers sterre en wit wolkie.

Mates:  Hang 45cm van bopunt van maan tot onderste sterretjie.  Boonste toutjie 45cm lank en kan geknoop word om korter te wees.



Hierdie mobile'tjies is baie bevredigend om te maak en as mens hul ophang gee hul sommer dadelik 'n rustige atmosveer :)

Ek het nog twee baie oulike idees op die net gekry wat ek beslis volgende gaan probeer :)

Sien julle weer!!

Groete
RC
xxx  

2 opmerkings:

  1. Dis regtig vinnig om te maak sien ek, as mens weer kyk is daar nog 'n interessante mobile =) xx Dis lyk dieselfde as die ander een, maar tog heeltemal anders hehe gaan perfek wees vir 'n ou dogtertjie xxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dit gee regtig sommer dadelik 'n rustige atmosfeer aan die vertrek, so die een hang nog bietjie in my waskamer ;)

      Vee uit