Translate

Donderdag 20 Oktober 2016

Baba Mobile - Maan en Sterre

Blou Maan en Sterre Mobile - R175

Ek het hom toe sommer vinnig klaar gekry!  En dis so pragtag, ek sal beslis 'n pienk en pers enetjie ook moet maak :)


Beskrywing:  Baba mobile van maan en sterre om bo baba se wiegie te hang.

 Materiaal:  Vorms - filt met sintetiese stopsel gestop
Toutjies - katoen hekel gare



Kleur:  Geel maan met blou en grys sterre en 'n wit wolkie

Mates:  Hang 47cm van maan tot onderste sterretjie, boonste toutjie is 47cm lank en kan geknoop word om korter te wees.



Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie produk te koop

my baba het dit ook baie interessant gevind

wonder net wat hy dink hy daarmee kan doen??
 



















Groete
RC
xxx

2 opmerkings:

  1. As daai hondjie babatjie die mobile in die tande kry, is dit 'n ander storie hehehe hy lyk werklik opreg geiintrisseerd =) net soos 'n regte babatjie sou xxx Dit het lekker vinnig gegaan, het nie eers nodig gehad om te wag vir die end van die week nie!! Dit is weereens 'n handige projek wat jy aangepak het en is pragtig xxxxxxxxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. In die tande kry...... hehehehe janee! Hy sal nie lank nodig he om dit te verwoes nie. Hy het hoeka so 'n voorliefde vir daai sagte wit stopsel wat binne is ;)

      Vee uit