Translate

Donderdag 16 Februarie 2017

Cuddle Kombersie met Skuinsstrook - Pienk Olifante

Pienk Olifantjie Cuddle Kombers - R 250

Met die lekker reȅnweer wat ons die afgelope ruk gehad het kan ek my amper begin verbeel dat die winter oppad is :)
Net die gedagte maak my sommer lus om kombersies te begin maak.
Ek het agter gekom dat dit een van my gunsteling items is om te maak :) Wat is nou meer prakties as 'n kombersie in die winter??  Mens kan nooit te veel daarvan hȇ nie.
(het jul opgelet dat ek geleer het waar die ȅȇ-kappietjies en deeltekens tekry is hehe)


 Die oomblik toe ek hierdie oulike materiaal gesien het moes ek dit net koop!!
Ek was eers van plan om een van my cuddle en flennie kwilte te maak, maar die winkel het geen neutrale flennie sonder patrone en toe besluit ek dat dit te bont affȇre sal afgee.  Na 'n bietjie oorweging het ek besluit dat die eenvoudige skuinsstrook randjie die snoesige materiaal die beste sal komplimenteer.  Die agterkant is so lekker ekstra sag dat mens dit elkgeval nie agter die flennie wil wegsteek nie :)





Dink julle nie dat die motiefie net te prettig is nie?!?
Dis ideaal vir 'n baba of enige dogtertjie.  Juis daarom het ek besluit om hierdie kombersie bietjie groter te maak.
Hy is 100x150cm.
Hy sal selfs 'n baie lekker kombersie vir my wees om voor die TV te gebruik wanneer ek brei.
(moenie verbaas wees as hy een van die dae nie meer op Hello Pretty beskikbaar is nie ;) 

Wat dink julle?  Sal dit nogsteeds 'n geskikte ooievaarstee gekenkie wees, of is dit dalk te groot?
Is dit dalk juis ideaal omdat die baba dit kan gebruik as sy ouer word?
Is dit iets wat jy juis vir 'n ouer kind sal koop?
 Of sal jy nog 'n groter een hier en op my Hello Pretty Winkel wil sien? 
 Ek sal graag jul mening wil hoor.
  


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie oulike kombersie te koop.

Let Wel:  Die teddiebeertjie in die foto's is slegs 'n modelletjie en hy is nie te koop nie.
 
Dis amper naweek mense!!
Ons hoop dis 'n koel een :)

Groete
RC
xxx 

Dinsdag 14 Februarie 2017

Stilboek Verpakking

Verpakking, Besigheidskaarties & Afslag Bewyse

*Hierdie post bevat affiliated links.
Uiteindelik!!
Awesome verpakking vir my stilboeke!!

  
Dink julle nie dis ideaal nie??
Dit pas soos 'n handskoen en die kleur is perfek! :)

Raai waarvoor is dit eintlik!?
Dis om jou scrapbook papier in te hou.
Hoop net dat ek dit in die vervolg ook sal kan kry.  Het dit by Westpack Lifestyle gekoop :)

Hier is 'n link vir 'n soortgelyke scrapbook papier houer: 
Papier houer op Amazon*


Kyk die oulike handvatseltjie!
Nou kan die dogtertjie sommer altyd haar stilboek in die tassie bȇre :)

Met die gesoek na idees vir verpakking op die net het ek sulke oulike idees op hierdie blog gekry 

Daar gee hulle toe die oulike idee om afslag bewyse by jou pakkies in te sit.
Wat 'n wonderlike idee :)
 Ek het dit toe dadelik gedoen, en hier is die bewysies wat ek gedruk het


So ek gaan in die toekoms 'n hele paar van hierdie bewyse uitdeel saam met verkoopte items, maar jul moet die blog dalk mooi dophou!!  ;)

En uiteindelik het ek ook die regte karton vir my besigheidskaartjies by PNA gekry (nadat ek natuurlik klaar die pienk karton as 'n laaste uitweg by die vorige winkel gekoop het, maar ek het toe darem 'n goeie doel daarvoor ook gekry)

Hier  is die andger post  wat ek oor my besigheidskaartjies en verpakking geskryf het, ding vorder darem :)

Wat dink julle?  Sal jy vir iemand 'n geskenk bewys koop?

Stuur asb vir my 'n epos by rchandgemaak@gmail.com as jul sukkel met die kommentaar knoppie.
Ek wil graag van jul hoor!!

Groete
RC
 ♡  

Donderdag 09 Februarie 2017

Seasons Quiet Book

Uiteindelik!!
 Na 6 hele maande....
Skoonsus se stilboek is uiteindelik kant en klaar!!

Ek is so opgewonde om dit met julle te deel!
Geniet...


Hierdie keer is die boek vir 'n Engelse maatjie :)


Ek het weer elke seisoen se naam op die oorkantste blad geskryf en die feit dat hulle die woord selfs kan "voel" maak dit vir my nogal besonders.
Net die ander dag het ek 'n oulike praatjie op die radio gehoor wat gehandel het oor spel en toe het die arbeidsterapeut gese dat mens slim maniere moet kry sodat kinders woorde op 'n ander manier kan ervaar as om dit net te sien.


Die lenteblad is baie dieselfde as my eie Seisoene Stilboek sn.
Ek het dit bietjie eenvoudiger probeer maak, omdat ons maatjie nog baie klein is.
Ek het die los dele tot 'n minimum probeer beperk.  
Mamma kan gelukkig die blomme wegbere totdat sy bietjie ouer is :)


Die blomme het magnete in en ek het klein staal wastertjies aan die reenboog vasgewerk.
Hierdie dien as die KLEURE blad, so die idee is om die regte blom op die bypassende reenboog-streep te sit.  Die boomstomp dien as 'n oulike bȇreplek vir die blomme.


Tussen die boom se blare is daar 'n voȅlnessie met 'n kuikentjie in.
Die mamma-voȅltjie is met 'n stukkie kant vas sodat sy nie van die blad af kan vlieg nie ;)


Waar daar 'n reȅnboog is moet daar darem ook reȅn wees...

Die skoenlapper wat in die boomstomp wegkruip is ook met 'n lint vas en daar is ook 'n magneet in sy lyf om oor die blomme en reenboog te kan vladder
(so as mamma die blomme moet weg-bȇre verloor die blad darem nie al sy karakter nie)


Die somer se blad is vir my so prettig!!


 Hierdie blad is vol vat-en-voel dinge.
Die lug is van gladde satyn,
die water se sy materiaal is vir my ideaal en lyk net soos die see,
die kant wat die brander-skuim op die strand voorstel is geniaal!!
Gaan na imagineourlife.com vir die tutoriaal wat wys hoe om dit te doen.


Hierdie is die VORM blad.
So die 3 vorms:
reghoek - handoek
driehoek - ligtoring se dak
sirkel - strandbal
kan afhaal en sit dan met klapperhaar weer vas :)







Ek geniet dit altyd baie om die detail op die blad aan te bring :)


Herfs!!
Is julle nie mal oor die oulike kabouter materiaal nie? ♡





Hierdie is die TEL blad.
Ek het drie eenvoudige telletjies gemaak met:
1 groot pampoen
2 vet sampioene
en 3 akkers
wat heen en weer kan skuif.


Daar bly 'n oulike eekhoring in die boom se stam en ek is seker dat hy by al die seisoene gaan kuier ;)


Laaste maar nie die minste nie...
Winter!!!




Die prentjie lyk vir my so oulik.


Hierdie is ons blad wat bietjie leer van GROOTTES
en ons het 'n oulike sneeuman-maatjie wat ons daarmee gaan help, 
deur hom van groot na klein te bou :)


Die beer kan heen en weer skuif agter die plastiek deur die toutjies te trek.
Hy slaan wel bietjie bollemakiesie, maar ek dink net dis omdat hy so bly is dat dit uiteindelik winter is ;) hehe



Die agterblad het 'n sakkie met 'n ritssluiter, sodat al die los goedjies maklik opgeruim kan word as mamma alles haastig moet wegpak.  Ek hoop dit help om te verhoed dat die goedjies wegraak.

  
Fluit-fluit ons storie is uit!!!




Oja!!  Ons wil net vir julle verseker dat stilboeke maak, foto's neem en blog alles baie uitputtend kan raak *knipoog*
maar ons geniet ons gate uit!!! :D

Ek kan nou nie meer wag om vir Skoonsus die boek te oorhandig nie!!
Hoop sy hou baie daarvan.

Nou kan ek met die volgende een begin!!!

Groete
RC
  

Dinsdag 07 Februarie 2017

Voorsmakie...

Hier is so 2 projekte waarmee ek tans besig is...
 Ek maak solank bietjie nuuskierig ;)

Die eerste projekkie is 'n gebreide hasie.  Dis nogal 'n oulike patroontjie, alles word in die rondte gebrei en die strepies maak die outjie heel vrolik.
 Hierdie pers en blou hasie het ek 'n paar jaar terug gebrei.  Ek is seker hy is iemand se onafskeidbare maatjie ;)

Dis hoe ver ek nou al gevorder het....
Die kop is datem al klaar hehe

Wat dink jul van die kleur kombinasie?  Ek het die volgorde van die strepies bietjie verander sodat die kleure beter vloei (volgens my hehe)
Ek wil ook die arms en bene bietjie ligter stop en ietsie spesiaal met die ore doen.
Hoop hy kom oulik uit :)


Dan is ek mos nou al 'n hele ruk besig met Skoonsus se stilboek...

Ek moet nog net die voorblad klaarmaak en die boek aanmekaar sit!! 
Ek sien baie uit daarna om die boek vir julle te wys, ek is baie tevrede met hoe die blaaie uitgekom het :D


Dan wil die Handsomes net vir julle wys watse lieflike reenweer ons hier het :)
Wanneer ek foto's neem wil Dash altyd voor die kamera wees en dan snap ek hulle maar so paar keer, hulle poseer so mooi.
Ek dink hoeka daaraan om 'n paar honde jassies te maak voor die winter kom.
Wat dink julle?  Sal jy vir jou beste vriend 'n jassie koop?

Nou gaan ek vir my 'n lekker koppie tee maak en daardie stilboek klaarmaak!!

Nat Groete
RC


Saterdag 04 Februarie 2017

Vos Serp

Tenspyte daarvan dat dit so warm is, het my model darem ingestem om die serpie vir my te modelleer ;)


Ek dink hierdie is my heel gunsteling kinderserp patroontjie.  Dis so eenvoudig en die eindproduk is vir my so speels en prettig.  Ek hou daarvan om dit in sulke helder kleure te brei :) dit sal beslis enige iemand se dag opkikker.




Schnitz was beslis in sy skik om model te speel :) 
Is hy nie handsome  nie?!?!?!!?


Dash was natuurlik nie baie in sy skik daarmee dat hy nie die middelpunt van al die aandag is nie....
Toe neem ek hom maar af saam met die materiaal wat ek gister opgevou het, wou net weer vir jul wys hoe eenvoudig en netjies dit is :)





Dash wou vir julle 'n kort tutoriaal doen om te wys hoe mens dit doen, maaar hy is ongelukkig beter met die OOPvou as die OPvou van die materiaal theeheehee

Hoop jul het 'n lekker naweek!!

Groete
RC
xxx