Translate

Dinsdag 20 September 2016

Slaapbroek

Blou Blommetjie Slaapbroek

Uiteindelik het ek sover gekom om my slaapbroek aanmekaar te stik!!  Ek het so spesmaas dat ek iewers 'n foutjie begaan het met die naattoelating, maar die patroon is gelukkig ruim genoeg dat dit nie saak maak nie :) Nou is ek reg vir die winter! ;)


Lekker sag en snoesig



'n Bree rek is lekker gemaklik


Ek het nie 'n omkap masjien nie, so toe zig-zag ek sommer die binnekant van die nate, sodat dit nie uitrafel nie.  Sal nog laat weet hoe dit gewerk het ;)

Nouja
TOT LATER!!

Groete
RC
xxx 

1 opmerking:

  1. Is goed jy het die slaapbroek gemaak, want dit lyk of die winter nog nie verby is nie =) Ag en dan is daar nog 'n 'nuwe' slaapbroek vir volgende winter hehe xxx

    AntwoordVee uit