Translate

Vrydag 12 Augustus 2016

Fleece Kombers - Pienk - VERKOOP

Pienk Fleece Kombersie - R150 - VERKOOP

Janee!!  Dis natuurlik onafwendbaar!!  Waar blou gaan sal pienk moet volg!! :) hehe ek het sover eintlik verbasend min pienk goedjies gemaak, maar dit hang in 'n groot mate af van wat by die materiaal winkel beskikbaar is.  Aan die ander kant is blou en ander kleure darm ook minder bindend aan die geslag van baba as pienk ;) 
Hoop jul hou hiervan

Lekker sag en snoesig


 Lekker sag en snoesige kombersie om baba in toe te wikkel, die randjie laat dit ekstra sag lyk.

Beskrywing:  Sagte fleece kombersie met gevlegte rand detail.

Materiaal:  Polar fleece

Kleur:  Lig pienk met blou, groen en donker pienk polkadots.

Mates:  90x90cm

Prys:  R150 + posgeld












Okey tata!!!!
Ek gaan nou aan 'n paar spoegdoeke werk :)

Groete
RC
xxx

1 opmerking:

  1. Dis 'n lekker snoesige pienk kleurskakering =) Ek dink pienk laat enige ma of ouma se hart ekstra sag word hehe Ek hou baie van die randjie, dit maak die kombersie baie uniek xx

    AntwoordVee uit