Translate

Maandag 22 Augustus 2016

Cuddly Mini Flennie Kwilt - Pienk

Pienk Cuddly mini Flennie Kwilt

Die blog kan nou glad nie reg aan hierdie kombersie laat geskied nie.  Mens moet dit self kan voel om dit te waardeer.  Dis soooooo lekker sag!! :) mens wil dit net heeltyd streel.
 En ek dink dat daardie knobbels vir baba ook baie interessant sal wees.  Tekstuur is mos baie stimulerend op daardie vroe ouderdom :)

Ek dink hierdie was sover nog my gunsteling projek.  Dalk omdat dit so bietjie van 'n uitdaging was om daardie hoekies so eksie-perfeksie te kry.  Ek is mal oor die eindproduk <3


 Die kombersie is vir my net te pragtag met sy sagte knobbel materiaal en die mooi pienk randjie wat die flennie daarom vorm :) dit is ook nie te dik nie, net lekker lig en sag om baba gemaklik en snoesig te hou.

Beskrywing:  Ligte kwilt van knobbelrige cuddle materiaal en flennie agterkant wat aan die voorkant om vou om 'n randjie om die cuddle materiaal te vorm.

Materiaal:  Knobbelrige cuddle materiaal en flennie.


 KleurCuddle - ligte beige
Flennie - ligte pienk met donker pienk windpomp motief en Afr. frases.

Mates:  90x90cm

Die patroon is ook beskikbaar by www.sew4home.com.  Hul foto's en verduideliking is baie goed.

Die dag is ook alweer op sy rug.  Ek gaan nou kyk
of ek nie bietjie kan vorder met daardie ander projekkie waarmee ek besig is nie ;)

Groete
RC
xxx

BIETJIE BEHIND THE SCHENES: 
Kyk die oulike plan om die randjies mooi te stryk


...nog bietjie stryk
Kyk net al die spelde!!

 

2 opmerkings:

  1. Ek wil ook een hé!!! Maar vir myself!!!! Sjoe dit lyk lekker sag en snoesig, dink net: Lekker snoesig voor die TV met lekker warm sjokolade en koekies, maar ek gun die babatjies ook die kombersie hehe Baie slim plan om die randjie netjies te maak, sal dit bietjie onthou xx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek dink ek sal dit beslis moet oorweeg om 'n groter een te maak. Dit sal ook baie lekker werk vir 'n throw oor 'n bed se voet en ent, of byderhand onder die koffietafel.

      Vee uit