Translate

Dinsdag 06 Desember 2016

Qtex Sakkie - blou

Blou Qtex sakkie - R250

Ag!  Toe ek die foto'tjie van hierdie sakkie sien, het ek dadelik geweet ek moet hom maak :)
TE PRAGTAG!!!


Ek kon myself toe ook nie help nie, ek moes net die buitekant kwilt :)
Volgendekeer gaan ek 'n laslappie een probeer!!


Beskrywing:  Kompakte toevou sakkie (clutch) wat 4 botteltjies qtex en 'n paar manikuur benodighede kan hou.  Perfek om in jou tas te gooi vir hierdie vakansie!!

Materiaal:  Kwilt katoen.


Kleur:  Blou buitekant met oulike motiewe in room en pienk.
Room binnekant met oulike motiewe en woorde.

Mates:  20x12x3cm


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie sakkie te koop.

Die patroon is beskikbaar by www.noodle-head.com onder Snappy Mani Pouch 2.

Dis so oulike sakkie, ek is seker dat hy vir meer as net qtex gebruik kan word :)
Kan julle aan nog 'n paar ander doele dink vir hom?

Groete
RC
xxx 

2 opmerkings:

  1. Dis nou 'n lekker handpas sakkie vir die skouersak wat ek gemaak het hehehehe Dit kan net so goed werk vir 'n gremeersakkie ook? Of 'n mini medisynesakkie? =) Ek is mal oor die materiaal, 'n laslappie sakkie sal baie interessant wees, maar hy sal seker eers in die nuwe jaar volg hehehe xxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Janee!! Die vakansiegevoel begin nou oorvat en enige nuwe projekte sal eers in Januarie aangepak word :)

      Vee uit