Translate

Dinsdag 08 November 2016

African Flower Seekoei - bont & room

bont & room African Flower Seekoei - R700

Ek is altyd so opgewonde wanneer ek een van hierdie outjies klaar gehekel het :)
Hulle lyk altyd so vrolik en hulle is net reg om vas te druk!


Beskrywing:  Groot, gehekelde seekoei pop.


Materiaal:  Gehekel met 100% akriel gare.
Gestop met hollowfibre stopsel.
2 hout krale vir oe.



Kleur:  Bont african flower motief met room.


Mates:  27cm hoog x 60cm lank


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie seekoei te koop

Die patroon is beskikbaar by heidibearscreative.blogspot.com.  Sy is 'n ongelooflike talentvolle ontwerper en ek dink haar patrone bring baie vreugde reg oor die wereld :) 

Dink bietjie aan 'n naam vir ons nuwe seekoei vriendjie :)
dan laat weet jul my...

Groete
RC
xxx 

2 opmerkings:

  1. Ag moederliefde!!! Mens wil hom net druk hehehe Dis baie mooi, regtig vrolik, dit gaan enige kindjie se aandag trek. Hy gaan so lekker saam in die bed slaap!!!! Sal bietjie dink aan 'n naam xxxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Hy is so lekker groot, pas net mooi onder die arm. Ek gaan volgende die renoster aanpak :) hy lyk vir my bietjie moeilik, maar 'n challenge sal goed wees vir die brein hehe en dan is daar nog 'n kameelperd met so laaaang nek wat ek ook baie graag sal wil maak, lyk of hy so lekker rondgesleep kan word :)

      Vee uit