Translate

Vrydag 18 November 2016

Fleece Kombersie met Gehekelde Rand

Baba Kombersie met Gehekelde Rand

Ek is so bly om uiteindelik hierdie kombersie met julle te deel.  Dit was veronderstel om 'n ooievaars-geskenkie te wees vir vriende van ons, maar hulle baba dogtertjie is toe gebore voordat ek die geskenkie by hulle kon kry.  Nietemin hoop ek dat hulle dit nog nuttig sal vind :)

Nodeloos om te se dat ek dit nie op die blog kon sit voordat hulle dit ontvang het nie, anders is die verassing mos heeltemal bederf!!


Ek moet se dat dit meer moeite was om deur die fleece te hekel as wat ek verwag het.  Miskien het ek verkeerde grootte hekelpen gebruik?  Ek sal seker gou genoeg vergeet van die gesukkel en weer probeer ;) hehe

Ek was eers ook nie heel tevrede met die eind resultaat nie.... maar nadat ek dit gewas en geblok het was dit stukke beter en sommer pragtag :)
NOTE TO SELF:  Was en blok gehekelde items voor jy dit kritiseer hehe 




 Ons wens hierdie egpaar alle vreugde en voorspoed toe met hierdie wonderlike geskenkie van bo.  Ons glo dat die Here hulle sal seen en haar elke dag in Sy hand sal hou.

Lekker naweek vir almal!!

Groete
RC
xxx 

1 opmerking:

  1. Dis die mooiste blou vir 'n kombersie =) xx Dit lyk so sag en snoesig xx Dit is maar n gesukkel om so n randjie om te hekel, maar dit is altyd so mooi as dit klaar is, sal bietjie die blok idee in gedagte hou. Ek is gewoonlik te lui daarvoor hehehe xxx

    AntwoordVee uit