Translate

Dinsdag 15 November 2016

Blog Labels

Labels vir my Blog :)

Vandag het ek ietsie nuut geleer oor my blog :)

'n Rukkie terug het ek begin om verskeie "afdelings" bo-aan my blog te sit (dit word eintlik "pages" of te wel "blaaie" genoem) om my blad bietjie te orden.  Sodat lesers die verskillende onderwerpe onder die onderskeie hofies kan gaan soek, maar dit het toe glad nie so gewerk nie.

Dis wat toe gebeur het en hoekom:

Mens kan aan elke blad 'n opskrif/naam gee, maar alles wat jy dan op daardie blad skryf is soos een lang post en daar is geen manier om die onderskeie onderwerpe weer maklik te kry nie.  Lesers kan ook net heel onderaan die blad kommentaar lewer en nie by die spesifieke post wat ek bedoel het om te skryf nie.

Toe vind ek uit dat die blaaie eintlik bedoel is vir inligting wat nie gereeld sal verander nie.  Soos mens se kontak besonderhede, aanwysings of so iets.

Gelukkig kom ek toe op hierdie oulike mede blogger se blad af!!!  Dankie tog!!  Jy red my lewe!! :)
blogger-hints-and-tips.blogspot.co.za

Sy verduidelik al die opsies so mooi :)

Ek het toe besluit om die "label gadget" by te sit en dit werk heel eenvoudig!!  Ek het eintlik van die begin af die labels wat jy aan jou post moet heg heel verkeerd verstaan!!  Blondie hier het gedink dit is die woorde wat Google gaan raaksien wanneer iemand iets deur hulle soek.  DUH dis hoekom daar 'n "Search Description" is!!! *bloos*

Nou dat daardie misverstandjie uitgesorteer is....
kan julle nou maklik al die verskillende onderwerpe aan die regterkant van die blad sien onder "AFDELINGS"
Dit lyk nou sommer ook baie netjieser :)

Miskien help hierdie post weer 'n ander blondie op die regte pad hehe

Lekker aand vir julle

Groete
RC
xxx 

 

2 opmerkings:

  1. Jaaaa dis nou baie beter!!! Nou kan mens by alles 'n opmerking maak =) En soos jy sé dis nou meer georden en netjieser. Maar so leer mens hehe xx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja, dit is nou meer wat ek in gedagte gehad het :) en ek is soooooo dankbaar dat ek daardie paar posts wat ek op die aparte blaaie geskryf het net kon "knip & plak" ;) hehe sou darem 'n groot storie gewees het om hulle almal oor te skryf, want die tutoriale vat die meeste tyd

      Vee uit