Translate

Donderdag 28 Julie 2016

Honde Jassies

Honde Jassies

Ek moes nou eers 'n beker hot chocolate maak om die ergste koue af te weer :) nie dat dit te erg koud is hier in Noord Wes nie, ek dink ons het net die stertjie van die kouefront gevang, maar daar was tog 'n kolletjie ryp onder die boom gister oggend ;) hehe

Hierdie is sommer die perfekte projek vir hierdie weer :) ek wens net die hondjies kon dit dadelik kry om aan te trek, maar hul moet nog bietjie wag tot volgende maand.  Hopelik sal hul dit nog hierdie winter kan gebruik :) 


Die twee jassies bymekaar


Die Rufrug s'n:  XXXL

 Die twee jassies was op bestelling vir 'n rifrug en 'n jackrussel :) (twee baie uiteenlopende groottes, ek het omtrent patrone verstel!!)

Ek dink die bruin materiaal is so stylvol, ek wil sommer 'n baadjie/top daarvan maak, maar dan sal ek net eers weer 'n draai by die materiaalwinkel moet gaan maak :P hehe dit sal so lekker all-side-same-side wees.
en die swart materiaal is so lekker fluffy!!  My 2 worshonde is mal oor hul klere wat van die materiaal is :)

Oja! en Snitz was so oulik om vir ons die kleiner jassie te moddeleer.  Wat dink jul van die kraag? 
Die JackRussel s'n, dit pas nogal mooi vir my Schnitzel
Oulik neh ;)

Ek het nou ongelukkig nie 'n groot genoeg model vir die ander jas, maar sal vra dat hul vir ons foto'tjies neem van hoe hul lyk :)

PS:  Dankie vir my 2 helpertjies, wat altyd reg staan (le) om te help met die patrone en uitknip van die materiaal xx







Dis hoe.......
.......ons rol

Gaan na hierdie post vir my nuutste jassies wat in my Hello Pretty Winkel beskikbaar is.

2 opmerkings:

  1. Hahaha ek is net so mal oor die modelle as die jassies. Ek stem dit is baie lekker materiaal, vir mens en dier =)Baie netjies gemaak!!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dink ek moet nog 'n paar modelle meet dat ek die grotes het om 'n paar jassies op die blog te sit :)

      Vee uit