Translate

Woensdag 13 Julie 2016

Super Skouer Spoegdoeke - VERKOOP

Super Skouer Spoegdoeke - R150 elk 

Ek noem hierdie die SUPER spoegdoek oor die lekker materiaal aan die agterkant, dit is SUPER absorberend en sal jou klere beslis skoon hou :)

Super Skouer Spoegdoeke
Die "bestandele" vir 'n SSS

Die spoegdoeke is lekker groot en gevorm om gemaklik oor die skouer te pas en maksimum bedekking te voorsien.

Beskrywing:  Groot, gevormde spoegdoek met super absorberende onder laag en lekker sagte bo-kant om baba teen te le. 

Materiaal:  Flennie bo-kant
                Mikrovesel onder laag.

Die super absorberende mikrovesel
Kleur:
Pienk - Wit flennie met gogga en blom patroon.                  Pienk mikrovesel.
             Pienk geblomde skuinsstrook. 
Geel - Wit flennie met hasie patroon.
            Geel mikrovesel.
            Ligblou skuinsstrook.

Mates:  55x40cm

Prys:  R150 elk
          R250 vir stel (2)

Die patroon is beskikbaar by www.sew4home.com.  Hul het baie oulike patrone.  Gaan maak gerus daar 'n draai :) 


Sagte flennie met skuinsstrook

3 opmerkings:

  1. Hou van die kleurkombinasie! Sjoe om skuinsstrook aan te sit is maar 'n gesukkel, jy was baie suksesvol daarmee xxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek hou ook baie van die kleure!! Veral die hasie materiaal is baie oulik. En was daardie blou skuinsstrook nou 'n gesukkel!! Gaan kyk gerus na die tutorial wat ek daaroor geskryf het :)

      Vee uit
  2. Hierdie opmerking is deur die outeur verwyder.

    AntwoordVee uit