Translate

Donderdag 21 Julie 2016

Gebreide Hasie

Gebreide Hasie - R190

Ek het mos belowe dat ek 'n paar goedjies uit my kaste sal opdiep :) Die hasie het ek nie te lank terug klaar gebrei.  Hy sit en wag al 'n rukkie vir sy plekkie op die blog ;) hehe

Die hasie en sy oorpak

 Die hasie is vir my te prettig met sy beweeglike arms en bene en my nuwe gier om mooi materiaal binne die ore te sit :) ek is ook mal oor sy oorpak wat aan en uit kan trek.

Beskrywing:  Gebreide hasie met franse knoop ogies (veiliger as kraletjies of knope), tossel-stertjie, materiaal binne-ore en gebreide oorpak.

Materiaal:  *100% akriel wol
                    *Stopsel - 100% merino skaapwol (van my 
                      hans ooi af ;)
                    *Ore - katoen materiaal

Kleur:  Tjoklit-bruin hasie met swart ogies en pienk neus en mond.  Binne-ore van blou katoen met fyn wit blommetjie patroon.  Groen, blou en wit gestreepte oorpak.


Mates:  22cm hoog (van voete tot punte van ore)

Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie hasie te koop.

Die patroon is beskikbaar by www.bysmallmeans.com.  Daar is ongelukkig nie nog sulke oulike speelgoed patrone nie.  Dis so 'n jammerte, want ek is mal oor die patroon!!  Gelukkig het die hasie 'n beertjie maatjie, jul kan hom dalk binnekort hier verwag.  Ek moet net my breipenne weer uitgrawe :)



Die hasie sonder sy klere

1 opmerking:

  1. Kan nie wag om sy beertjie maatjie te sien nie! Die idee om die ogies liewer met wol te maak is baie goed, soos jy sé vir die heel kleintjies, want alles gaan mond toe.

    AntwoordVee uit