Translate

Dinsdag 12 Julie 2016

Fleece Kombers - Blou

Blou Fleece Kombersie

Kyk!!  Die blog-storie is verslawend!!  Ek wil net heeltyd goed maak wat ek kan post!!  Nie dat dit 'n slegte ding is nie, want nou is ek sommer geinspireerd om meer te doen.  Dis mos lekker om iets te kan wys vir jou handewerk :)

Die kombersie is so lekker sag en cuddly, ek het sommer lus om vir ons 'n groot een te maak vir snuggles voor die tv ;) ek is seker hy sal nog 'n paar keer hierdie winter goed gebruik word, want ek dink die koue is nog lank nie verby nie......................  :D

 
Die randjie se detail van naby

 Die randjie maak die hele kombersie, dit laat hom sommer ekstra sag en snoesig lyk.  Net reg om 'n klein lyfie lekker styf toe te wikkel.

Beskrywing:  Sagte fleece kombersie met gevlegde rand detail.

Materiaal:  Polar fleece.

Kleur:  Ligblou met donker en wit hartjies. 


 Mates:  85x85cm

 Groete

RC
xxx

2 opmerkings:

  1. Oooooo te lekker sag en snoesig! Ek dink die groot kombers vir voor die tv is 'n goeie idee =) :)

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. hehe Manlief het hoeka gese dit moet bietjie groter wees, toe ek dit vir hom gewys het hehe ;)

      Vee uit