Translate

Saterdag 09 Julie 2016

Voeding Serp

Voeding Serp

Hierdie is ietsie wat elke mamma in haar arsenaal nodig het!!  :)

Ek dink dis nogal heel stylvol as 'n mode bykomstigheid :) ek LOOOOVE die kleur

Net 'n lekker lengte om baba en sy bedrywighede weg te steek
 Hierdie is sooooo 'n oulike konsep!  'n Eenvodige serp wat breed genoeg is om vir mamma privaatheid te gee wanneer sy baba wil borsvoed.  Ek is so in my noppies daarmee dat ek dit sommer vir myself wil hou!!  :)  en dink jul nie die kleur is lieflik nie?

Beskrywing:  Bree infinity serp wat dubbel doelig is en dien as bedekking wanneer mamma wil borsvoed, maar haarself nie noodwendig uit die gewelskap wil onttrek nie.  Baba kan die bedekking ook nie sommer so maklik aftrek soos as jy net 'n kombersie oorgooi nie.

Materiaal:  Gebreide viscose materiaal met gedrukte, blom patroon.

Kleur:  Vuil pienk met grys gedrukte patroon.
          
          Mates:  70cm breed en 140cm in die                        rondte (as jul verstaan wat ek bedoel ;)


Instruksie vir voeding serp
 

 

3 opmerkings:

  1. Dit is wat ek jare gelede nodig gehad het toe ek nog geborsvoed het,ek is n groot voorstaaner vir borsvoeding. En selfs jare na die tyd sal mens steeds die 'serp' kan gebruik =) Ek sit dit op my wenslysie hehe xx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Dankie :) ek dink ook almal wat kan, moet borsvoed. Hierdie serp sal dit darm bietjie makliker maak. Ek het nog 'n briljante idee om die serp selfs bietjie meer stylvol te maak, maar sal net eers weer 'n draai by die materiaal winkel moet maak voor ek hom sal kan bekendstel :)

      Vee uit
    2. PS: Ek hat toe van die oorskiet materiaal vir myself 'n serp gemaak, maar dit het nie heeltemal dieselfde effek as dit nie so breed is nie ;)

      Vee uit