Translate

Woensdag 06 Julie 2016

Lienke se Stilboek

LIENKE SE STILBOEK

Hierdie stilboek is vir vriende van ons se susterskind.  Sy verjaar in September en ek werk al vir 'n paar maande aan-en-af daaraan, maar nou is dit uiteindelik klaar!!  :) ek hoop dat sy net so baie genot daaruit sal put as wat dit my verskaf het om dit te maak :) 

Eerste blad


Die voorblad:  Ek dink die naam maak dit besonders en ek is MAL oor die katjie-materiaal :)

Die eerste blad:  Die gordyntjie se materiaal het ek nogal by hul present gekry, nog 'n oulike persoonlike detail

daar is 'n verskietende ster in die venster*

 Die eerste blad is van 'n katjie wat snoesig in haar bedjie kan le of uitklim om die muis te vang. Sy het tot 'n teddie wat by haar in die bedjie slaap ;)

Die gordyntjie kan terugbind en met 'n lussie+knopie vasmaak, dit sal later goed wees vir daardie baie belangrike motoriese ontwikkeling.  Daar is ook 'n verskietende ster in die venster wat heen en weer kan beweeg.

Die portret teen die muur is seker van 'n ouma-grootjie hehe en die hartjieknopie kan agter die plastiek rondskuif.

Natuurlik moet die katjie ook kos en water he.

Ek het ook kort woorde op die linkerkant aangebring om die blad te beskryf, ek dink dat dit ook sal bydra tot taal ontwikkeling.

Ek het die idee vir hierdie blad by www.tanyahandmade.blogspot.com gekry.

die muis hardloop heen-en-weer om die katjie te terg
Die kat :)

 Tweede blad

Die tweede blad:  'n Hondjie buite in die tuin

Hy het sy been agter die bos begrawe
Die tweede blad is van 'n hondjie wat buite in die tuin in sy pragtage hokkie bly.  Natuurlik steek hy 'n bal daarbinne weg ;)
(Oja! Jammer vir die worsHOND boude in party van die foto's.  Hulle bly OBVIOUSLY nie buite in 'n hokkie nie hehe)

Die wolkie in die linkerkantste hoekie is vol reen wat klein vingertjies kan laat uitstort.  Ek het dit oorweeg om 'n wolkie te maak wat voor die son kan wees as dit reen, maar ons het besluit dit lyk te somber.  Nou trou jakkals maar met wolf se vrou ;)

Die hondjie in sy hok
Die blommetjies teen die heining is die kleure van die reenboog.  Let wel, dis hoekom daar nie 'n pienk een is nie!! ;)

 Die hondjie kan uitkom om weer sy been agter die bos uit te grawe.  My skoonsus het natuurlik gedink dat hy 'n poep agter die bos gemaak het hehehe toe is daar nou niks meer aan te doen nie!!  So ek hoop maar nie mens moet te veel verbeelding inspan om my ware bedoeling te sien nie????

...en die baie belangrike kos en waterbak :) alles wat 'n hondjie nodig het, behalwe vir 'n maatjie om met hom te speel  

Die idee vir hierdie blad bet ek by lindyjdesigns.blogspot.com, by die "A Home for Max" gekry. 
Daar is reen in die wolk

 Derde blad

Die derde blad:  'n Oulike slak op 'n paar blare.  Weereens is ek versot op die geel materiaal se patroon :)

'n Teller met 5 krale
 Die derde blad is van 'n slak op 'n paar blare.  Onder een van die blare is 'n liewenheersbesie (ek het vergeet om daarvan 'n foto te neem, jammer)

Bo-aan die blad is 'n getallelyn met die ooreenstemmende getal kraletjies by elke syfer.

Die slak se dop is 'n mini spiraal doolhof met 'n kraletjie wat deur klein vingertjies van binne na buite en weer terug gemanupileer kan word.  Dit is nogal baie terapeuties :)


Spiraal mini-doolhof met kraletjie
Onderaan is 'n teller met 5 kralerjies wat heen-en-weer kan beweeg.  

Die idee vir hierdie blad kom van tanyahandmade.blogspot.com af

Tel kraletjies, ooreenstemmend met die getalle



Vierde blad

Die vierde blad:  'n Huisie agter 'n hek wat met 'n veter toegeryg word

Die huisie agter die hek

Die reghoek vir die deur
 Die vierde blad is 'n huisie agter 'n hoe hek wat met 'n veter toegeryg word (okey, so ek is nog nie 100% klaar nie, ek moet nog die verer gaan koop!!) 

Ek is altyd bang dat my laaste blad bietjie afgeskeep is, maar die een het nogal baie bedrywighede :)

Tussen die boom se takke is daar 'n nessie met 'n voeltjie in.  Hy is aan 'n lint vas en kan bietjie rondvlieg om op die huisie se dak te sit of dalk op die gras in die tuin.  

Die grootste idee agter die blad is om die vorms te pas.  Die sirkel vir die son, driehoek vir die dak, vierkant vir die venster en reghoek vir die deur.  Hul heg almal met "klitsgras" aan die lee wit spasies en is weereens groot genoeg vir die klein handjies.

Agter die bos wat langs die huisie groei kruip 'n klein, grys hasie weg.  Hy was 'n laaste minuut idee.  Ek het omtrent gewonder wat ek agter die bos kan wegsteek, want daar MOET darm ietsie wegkruip :)


Die idee vir hierdie blad kom van handmadebymom.blogspot.com af :)



'n Voeltjie in sy nessie
Die hasie agter die bos
Al die vorms

 Agterblad

Die agterblad

Al die los goedjies in die sakkie
 Die agterblad het 'n toeknip sakkie om al die los goedjies in te bere wanneer mamma haastig is om alles weg te pak :) Ek het die los goedjies tot 'n minimum probeer beperk, omdat dit vir 'n 2jarige bedoel is.  Ek het alles so stewig moontlik vasgewerk en die paar los goed groot genoeg gemaak om nie ingesluk te kan word nie.

Die pienk materiaal het ek ook gebruik om vir die nig 'n voorskoot te maak ;) 

Die idee vir die sakkie op die agterblad kom ook van tanyahandmade.blogspot.com

 
EN uiteindelik het ek my eerste(so jul moet asb geduldig wees terwyl ek uitfigure hoe die hele besigheid werk hehe) post ook geskryf!! :) :) ek dreig al so lank om dit te doen.  Die stilboek was toe sommer die ideale eerste onderwerp :) *****IN AFRIKAANS*****
Ek sal ander goedjies wat ek klaar gemaak het bietjie uit die bere-plekke opdiep en ook opsit in die toekoms.  Ek wil graag handgemaakte produkte tekoop aanbied en ek sal ook 'n paar tutorials (wat sal mens dit nou in afrikaans noem?) opsit, want ek is altyd so dankbaar vir ander mense wat hul goedjies opsit vir ons om te maak en te inspireer.  
Oja!! Jammer ook dat daar nie deeltekens en kappies op die aangewese plekke is nie, ek kon in al die jare nog nie agterkom hoe om my skootrekenaar sover te kry om dit te doen nie!!

GROETE

RC
xxxxx

2 opmerkings:

  1. Hallo Nalta
    Dis tannie Elsabe, ons kuier hier by jou ma-le en toe wys sy vir my jou oulike blog. Ek is so trots op jou. En so beindruk met alles wat jy maak en afneem en dan so heerlik daaroor op die blog gesels. Well done!!!

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Hallo tannie! Baie dankie :) dit is so lekker! Ek dink almal moet 'n blog he. Jul moet lekker verder kuier. Dankie vir die comment xx

      Vee uit