Translate

Maandag 09 Oktober 2017

Basiese Naaldwerk Reeks - Voorwoord

Voorwoord

Hallo almal!!

Ek is so opgewonde om my nuwe reeks lesse aan julle bekend te stel :D

Ek het gaan sit en dink oor watter kennis ek beskik om met julle te deel, en toe tref dit my!!

Ek is dalk nie 'n kenner nie, maar ek weet darem een of twee dinge van naaldwerk!  En dit is een van daardie onderwerpe waaroor mens nooit te oud is om te leer nie en elke dag nog iets nuuts kan leer, al is dit net 'n handige kortpad waaraan jy nog nie van tevore gedink het nie!

Of dalk is jy 'n totale beginner en kan nie kop of stert van jou nuwe masjien uitmaak nie?
Dan is hierdie reeks net vir jou!!

So kom leer saam met my ♡
en moenie bang wees om kommentaar te los as jy dink dat jy vir my 'n wenk of twee kan gee nie  :)

Ek sien so uit daarna om hierdie volgende paar weke met julle te deel.
Van volgende week af moet julle elke Maandag regsit!


Oja!
Ek het besluit om die lessies ook in engels weer te gee :)
Sodat almal beslis kan verstaan.
(Ek weet dat Google translate op my blog beskikbaar is, maar hul neem nie die woordvolgorde so mooi in ag nie, en dan kan dit 'n bietjie verwarrend wees vir engelse lesers!)

Watch this space on Tuesdays!

Sien julle gou weer!!
Lekker week vir almal

Groete
RC
xxx 

1 opmerking:

  1. Oooooooo ek kan ook nie meer wag nie. Baie nice foto daai, sal graag die foto's wil sien wat jy gaan opsit xxx

    AntwoordVee uit