Translate

Dinsdag 17 Oktober 2017

Basiese Naaldwerk Reeks - Les #1

Dele van Naaldwerk Masjien 

Hierdie post bevat affiliated links.
Lees my disclaimer 
 
WELKOM ♡

Ons begin vandag met die eerste les in my nuwe reeks - Basiese Naaldwerk

 Ek het gedink dat die beste plek om te begin, en almal meer vertroud met hul masjiene te maak, sal wees om die name van die dele van die masjien te leer.

Laat ons sommer wegspring!!

Die Voorkant

 

1.  Wielietjie wat drukvoetjie se drukkrag beheer - hoe dikker jou materiaal, hoe minder drukkrag wil jy gebruik (0) en hoe dunner die materiaal, hoe meer drukkrag (3)
2.  Hefboom arm - dit is altyd baie belangrik dat hierdie arm op sy hoogste posisie is wanner jy die masjien stop.  Gebruik die hand wiel om dit te beweeg.
3.  Boonste gare gids - die gare word hieraan gehaak voordat jy dit na onder neem.  Word ook gebruik wanneer jy die bobbin volmaak.
4.  Gare spannings beheer wiel - beheer die spanning van die boonste gare, soms is dit baie moeilik om die spanning reg te stel, los hierdie wielietjie dus liefs uit, totdat jy meer vertroud is met jou masjien.
5.  Steek wydte verstellings wiel - verstel die wydte van bv. zigzag steek.
6.  Patroon selekteerder - Gebruik hierdie wiel om die steek patroon te kies.
7.  Gare tol pennetjie - boonste tol gare kom hier.
8.  Bobbin opwen assie - om bobbin vol te maak.
9.  Bobbin opwen rem - stop self wanneer die bobbin vol is.
10.  Hand wiel - gebruik hierdie wiel om die naald met die hand op en af te beweeg, draai altyd NA jou toe (anti-kloksgewys)
11.  Steek lengte verstellings wiel - om die lengte van jou steke te verstel.
12.  Kragdraad en koord na voetpedaal
13.  Tru knop - om agteruit te stik
14.  Voetpedaal - trap om te stik ;)
15.  Naald plaatjie - bedek onderste bewegende dele.
16.  Verlengings tafel - maak die werkoppervlak van jou masjien bietjie groter.  Skuif uit om by masjien se onderdele by te kom en om silindriese voorwerpe te stik soos moue en broekspype.
17.  Drukvoetjie - druk die materiaal vas om deurgevoer te word soos jy stik
*

Die Regterkant

Die aan en af knoppie - by my masjien sit hierdie knoppie slegs die liggie aan en af en moet ek die muurprop afskakel om te keer dat die masjien sal loop as iemand perongeluk op die voetpedaal trap.
*

Die Agterkant

1.  Gare lemmetjie - om gare mee af te sny
2.  Drukvoet hefboom - om druk voetjie mee op te lig en te laat sak
3.  Duim skroef - om die drukvoetjie af te haal.
 4.  Naald klamp - om die naald mee los en vas te draai.
*

Onder die Verleng Tavel

1.  Bobbin houer - waarin die bobbin draai
2.  Deksel - bedek onderste bewegende dele
*

Daarsy!!  Dit is al die basiese dele van jou masjien wat jy moet ken om hom te gebruik :)

 Jou masjien kan dalk 'n bietjie van myne verskil, maar hulle het almal hierdie basiese dele, jy sal hulle dalk net moet soek!  ;)

Los vir my 'n comment as jy nog 'n vragie het, of as ek dalk een van die dele moet help soek op jou masjien!
Enige vrae is welkom en ek help graag waar ek kan.
As jy nou al kans sien vir die naaldwerk-ding, maar nog nie 'n masjien het nie...
Hier is een wat ek op Amazon gesien het:
Singer 1304 Start Free Arm Sewing Machine*
Dis 'n baie basiese measjientjie met 6 basiese steek patrone en Singer is 'n bekende handelsmerk.
Volgende week kyk ons na die basiese benodighede wat jy nodig het om naaldwerk te doen ♡

Sien julle dan!!

Groete
RC
xxx

  

3 opmerkings:

  1. So dra ek begin stik koek die garing wat bo is met die gedeelte binne in waar die bobbin is wat kan fout wees. Ek is nie n expert nie nou onlangs n masjien verniet gekry

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Hallo. Jy het seker lankal raad gekry met die naaldwerk masjien. Dit klink of daar fout kan wees met jou bobbin holder of van daardie onderste bewegende dele. Dit sal beste wees om die masjien by 'n werktuigkundige te kry. Partymaal sal 'n goeie skoonmaak en olie ook die probleem kan oplos.
      Hoop dit help.
      groete

      Vee uit
  2. Sukke materiaal wenke vir dit

    AntwoordVee uit