Translate

Dinsdag 31 Oktober 2017

Basiese Naaldwerk Reeks - Les #3

Hoe om 'n Naaldwerk Masjien Skoon te Maak 

*Hierdie post bevat affiliated links.
Lees my disclaimer 
 
 Voordat ons kan begin stik het ek gedink dat dit belangrik is om te weet hoe 'n mens jou masjien versorg.


Een baie belangrike takie is om die masjien skoon te maak,
daarmee bedoel ek dat jy al die wolletjies en stof wat van die gare en materiaal versamel moet verwyder.

'n Rowwe aanduiding van hoe gereeld mens dit moet doen, is na elke projek wat jy afgehandel het 
(dit is 'n baie goeie gewoonte, maar ek is nie so pligsgetrou nie *bloos*)

As jou masjien enige vreemde geluide maak - soos 'n kap geluid of dit klink of die motor sukkel - is dit ook 'n goeie idee om hom dadelik skoon te maak.
Dit sorteer gewoontlik die probleem uit, maar as jou masjien steeds sukkel kan jy hom probeer olie - die volgende les sal jou wys hoe om jou masjien te olie - en as dit ook nie werk nie, sal jy hom liefs na 'n werktuigkundige moet neem, voordat daar groot skade aangerig word.

Noudat julle verstaan hoekom dit belangrik is om jou masjien skoon te hou gaan ek julle stap-vir-stap wys hoe om dit te doen.

Wat jy nodig het

 1.  Masjien olie* - ek het iewers gelees dat die kleurlose olie beter is as die geel soort, want die geel soort kan geneig wees om taai te raak.
2.  Stof lappie of stukkie toiletpapier.
3.  Skroewedraaier* - jy sal gewoontlik die regte grootte skroewedraaier saam met jou masjien kry.
4.  Borseltjie* - kom ook gewoontlik saam met die masjien, maar 'n ou tandeborsel sal ewe goed werk.


Kom ons kyk hoe jy jou masjien skoonmaak

1.  Haal die verlengings tafel af en maak die dekseltjie oop.
 2.  Haal die bobbin houer* uit.
 3.  Haal die shuttle race cover (die metaal ring wat die shuttle haak op sy plek hou) uit, deur die twee knippies wat hom weerskante vashou na buite te roteer.
Jy moet hom presies weer so terugsit, so kyk mooi hoe hy inpas
4.  Haal die shuttle haak uit.
Let mooi op hoe die haak in die masjien inpas, jy wil nie later sukkel wanneer jy hom moet terugsit nie.

 5.  Gebruik nou jou lappie/toiletpapier om die binnekant van die deksel af te vee - hier gaar gewoontlik stof op en 'n paar olie spatsels.

 6.  Vee dan ook die shuttle race cover en die shuttle haak mooi blink - daar is gewoontlik 'n swart aanpaksel aan die haak, so vryf hom sommer deeglik.

 7. Gebruik die borseltjie om die shuttle binne-in uit te vee.

8.  Draai die skroewe op die naaldplaatjie los.

9.  Verwyder die naaldplaatjie.

10.  Sit al die los partjies mooi bymekaar.  Dit is 'n goeie idee om 'n piering of bakkie byderhand te hou om alles in te sit.  Jy wil dit nie perongeluk afstamp en dan op die ou ent agterkom dat een van die skroefies tussen die vloerplanke verdwyn het nie!!

11.  Borsel nou deeglik in al die nate onder die drukvoet.

Kyk net al dai stof!!

12.  Ek weet dat ons eers in die volgende les gaan kyk hoe om jou masjien te olie, maar terwyl die naaldplaat nou klaar afgeskroef is, olie ek sommer die bewegende ratjie aan die agterkant van die masjien.

13.  Sit die naaldplaatjie weer terug en draai die skroewe vas.

14.  Sit die shuttle hook weer terug.  Dit is 'n bietjie moeilik, maar dit pas soos 'n legkaart in mekaar.  So wees net versigtig en geduldig.

 15.  Sit nou 'n druppeltjie olie aan die skerp puntjie van die shuttle haak.
Let wel dat jy eerste 'n ou stukkie oorskiet lap moet stik nadat jy die masjien geolie het, want dit kan die materiaal vlek en ons wil nie 'n groot stuk duur materiaal met 'n olie kol op hȇ nie!

16.  Sit nou weer die shuttle race cover terug - jy het onthou om te kyk hoe hy inpas neh?!?
Daar is 'n pennetjie wat na onder wys om hom op sy plek te hou en die gleufie aan die bo-kant waar die bobbin houer se armpie inpas.
Roteer weer die knippies aan weerskante na binne totdat hulle in plek knip, sodat hulle die shuttle race cover stewig op sy plek hou.

17.  Sit die bobbin houer terug, met die armpie na bo, deur aan die hefboompie vas te hou.

18.  Dit is ook 'n goeie idee om die naald* na te gaan.
Haal die naald uit, deur die naald klamp los te draai.

 19.  Om te toets of die naald 'n haak aan die punt het (dit beteken dat dit beskadig is toe jy miskien 'n speld raakgestik het).  Hou die naald parralel met jou vingernael en trek die naald liggies daaroor terwyl jy dit roteer.  As dit 'n merkie op jou nael maak, moet jy die naald vervang.

20.  Sit die naald weer terug (of die nuwe naald) met die afgeplatte kant van die verdikte bo-punt na agter en draai die naald klamp stewig vas.
Nou het jy 'n mooi skoon masjien met 'n skerp naald.
Vee sommer die hele masjien met 'n lap af.
Jy kan ook die onderdele van jou masjien met jou stofsuier uitsuig, maar moet nooit iets gebruik wat blaas om die stof te verwyder nie.  Dit sal net die fyn stofdeeltjies binne-in die masjien se meganiese dele in forseer.
Dit is ook 'n goeie idee om jou masjien met 'n oortreksel te bedek wanneer hy buite gebruik is om stof van hom af te hou.
Volgende week wys ek julle hoe om jou masjien te olie
Ek sal die Engelse weergawe mȏre post.
Groete
RC
xxx



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking