Translate

Dinsdag 24 Oktober 2017

Basiese Naaldwerk Reeks - Les #2

Basiese Benodighede

*Hierdie post bevat affiliated links.
Lees my disclaimer 
 
 Hallo almal!!
Ek is so so jammer dat hierdie les laat is!
Toe ek dit gister wou plaas, besef ek dat daar twee Engelse weergawes en geen Afrikaanse weergawe getik is!!  Net die blond sal weet hoe sy dit reggekry het!!

Agteros kom darem ook in die kraal シ

Vandag deel ek 'n lys van die basiese benodighede wat jy nodig sal hê om naaldwerk te begin doen.
 
1. Gare
2.  Speldekussing - maak die lewe net soveel makliker (kliek hier om hierdie oulike speldekussing te koop)
3.  Spelde* - hierdie soort met die helder koppe werk lekker
4.  Sker* - 'n goeie materiaal skêr is belangrik
5.  Klein skertjie * - baie handig om gare mee te knip (ek gebruik myne baie, want die gare lemmetjie op my masjien is te ver van die naald af
6.  Naaldwerk lineaal* - baie, baie handig!
7.  Materiaal pen* - spesiale ink wat met koue water uitwas
8.  Bobbins* - hierdie metaal bobbins werk lekker in my masjien
9.  Masjien naalde* - daar is 'n groot verskeidenheid, met verskillende doele, beskikbaar
10.  Torring lemmetjie* - om nate mee los te trek as jy 'n fout gemaak het, of wil verstel
11.  Maatband* - gewoontlik 1.5m lank en in cm afgemerk

En dis dit.
Die basiese goed wat jy nodig het om naaldwerk te begin doen.

Volgende Maandag gaan ons kyk hoe om jou masjien skoon te maak Sien julle dan!

Groete
RC


2 opmerkings:

  1. Haai ja mens het nie baie goed nodig om naalwerk te doen nie, die nommers is lekker duidelik xxxx jy moet onthou van die seep wat mens kan gebruik as jy nie 'n merkpen het nie =) xxx

    AntwoordVee uit
  2. Ja!! Dis mos 'n goeie idee dai! Ek wil op die ou ent almal se goeie raad en alle tips en tricks wat ek ken in 'n post sit :)

    AntwoordVee uit