Honde Jassies
Ek moes nou eers 'n beker hot chocolate maak om die ergste koue af te weer :) nie dat dit te erg koud is hier in Noord Wes nie, ek dink ons het net die stertjie van die kouefront gevang, maar daar was tog 'n kolletjie ryp onder die boom gister oggend ;) heheHierdie is sommer die perfekte projek vir hierdie weer :) ek wens net die hondjies kon dit dadelik kry om aan te trek, maar hul moet nog bietjie wag tot volgende maand. Hopelik sal hul dit nog hierdie winter kan gebruik :)
Die twee jassies bymekaar |
Die Rufrug s'n: XXXL |
Die twee jassies was op bestelling vir 'n rifrug en 'n jackrussel :) (twee baie uiteenlopende groottes, ek het omtrent patrone verstel!!)
Ek dink die bruin materiaal is so stylvol, ek wil sommer 'n baadjie/top daarvan maak, maar dan sal ek net eers weer 'n draai by die materiaalwinkel moet gaan maak :P hehe dit sal so lekker all-side-same-side wees.
en die swart materiaal is so lekker fluffy!! My 2 worshonde is mal oor hul klere wat van die materiaal is :)
Oja! en Snitz was so oulik om vir ons die kleiner jassie te moddeleer. Wat dink jul van die kraag?
Die JackRussel s'n, dit pas nogal mooi vir my Schnitzel |
Ek het nou ongelukkig nie 'n groot genoeg model vir die ander jas, maar sal vra dat hul vir ons foto'tjies neem van hoe hul lyk :)
PS: Dankie vir my 2 helpertjies, wat altyd reg staan (le) om te help met die patrone en uitknip van die materiaal xx
Dis hoe....... |
.......ons rol |
Gaan na hierdie post vir my nuutste jassies wat in my Hello Pretty Winkel beskikbaar is.