Translate

Saterdag 04 Februarie 2017

Vos Serp

Tenspyte daarvan dat dit so warm is, het my model darem ingestem om die serpie vir my te modelleer ;)


Ek dink hierdie is my heel gunsteling kinderserp patroontjie.  Dis so eenvoudig en die eindproduk is vir my so speels en prettig.  Ek hou daarvan om dit in sulke helder kleure te brei :) dit sal beslis enige iemand se dag opkikker.




Schnitz was beslis in sy skik om model te speel :) 
Is hy nie handsome  nie?!?!?!!?


Dash was natuurlik nie baie in sy skik daarmee dat hy nie die middelpunt van al die aandag is nie....
Toe neem ek hom maar af saam met die materiaal wat ek gister opgevou het, wou net weer vir jul wys hoe eenvoudig en netjies dit is :)





Dash wou vir julle 'n kort tutoriaal doen om te wys hoe mens dit doen, maaar hy is ongelukkig beter met die OOPvou as die OPvou van die materiaal theeheehee

Hoop jul het 'n lekker naweek!!

Groete
RC
xxx 

1 opmerking:

  1. Ag ouma se kinders, hulle geniet die brei en naaldwerk net so baie hehehe Dis nou regitig n cool warm serp met koel kleure =) =) Mens is mos geneig om te dink 'n vos moet mos 'n voskleur hé maar kyk nou net hoe oulik lyk dit in die blou en groen xx Ek neem aan jy gaan dit ook op Hello Pretty plaas xxxxx =)

    AntwoordVee uit