Translate

Dinsdag 07 Februarie 2017

Voorsmakie...

Hier is so 2 projekte waarmee ek tans besig is...
 Ek maak solank bietjie nuuskierig ;)

Die eerste projekkie is 'n gebreide hasie.  Dis nogal 'n oulike patroontjie, alles word in die rondte gebrei en die strepies maak die outjie heel vrolik.
 Hierdie pers en blou hasie het ek 'n paar jaar terug gebrei.  Ek is seker hy is iemand se onafskeidbare maatjie ;)

Dis hoe ver ek nou al gevorder het....
Die kop is datem al klaar hehe

Wat dink jul van die kleur kombinasie?  Ek het die volgorde van die strepies bietjie verander sodat die kleure beter vloei (volgens my hehe)
Ek wil ook die arms en bene bietjie ligter stop en ietsie spesiaal met die ore doen.
Hoop hy kom oulik uit :)


Dan is ek mos nou al 'n hele ruk besig met Skoonsus se stilboek...

Ek moet nog net die voorblad klaarmaak en die boek aanmekaar sit!! 
Ek sien baie uit daarna om die boek vir julle te wys, ek is baie tevrede met hoe die blaaie uitgekom het :D


Dan wil die Handsomes net vir julle wys watse lieflike reenweer ons hier het :)
Wanneer ek foto's neem wil Dash altyd voor die kamera wees en dan snap ek hulle maar so paar keer, hulle poseer so mooi.
Ek dink hoeka daaraan om 'n paar honde jassies te maak voor die winter kom.
Wat dink julle?  Sal jy vir jou beste vriend 'n jassie koop?

Nou gaan ek vir my 'n lekker koppie tee maak en daardie stilboek klaarmaak!!

Nat Groete
RC


1 opmerking:

  1. Dis so warm hier, ek kan nie dink die honde wil jassies aantrek nie hehe Hondejassies is altyd 'n wenner, ek dink dis 'n goeie idee om hondejassies noual te maak, dan is dit al klaar teen die tyd wat mens dit nodig het. Ek dink die hasie se kleure is baie mooi, jy gaan seker 'n blouerige een volgende brei........hehehe =)

    AntwoordVee uit