Translate

Donderdag 16 Februarie 2017

Cuddle Kombersie met Skuinsstrook - Pienk Olifante

Pienk Olifantjie Cuddle Kombers - R 250

Met die lekker reȅnweer wat ons die afgelope ruk gehad het kan ek my amper begin verbeel dat die winter oppad is :)
Net die gedagte maak my sommer lus om kombersies te begin maak.
Ek het agter gekom dat dit een van my gunsteling items is om te maak :) Wat is nou meer prakties as 'n kombersie in die winter??  Mens kan nooit te veel daarvan hȇ nie.
(het jul opgelet dat ek geleer het waar die ȅȇ-kappietjies en deeltekens tekry is hehe)


 Die oomblik toe ek hierdie oulike materiaal gesien het moes ek dit net koop!!
Ek was eers van plan om een van my cuddle en flennie kwilte te maak, maar die winkel het geen neutrale flennie sonder patrone en toe besluit ek dat dit te bont affȇre sal afgee.  Na 'n bietjie oorweging het ek besluit dat die eenvoudige skuinsstrook randjie die snoesige materiaal die beste sal komplimenteer.  Die agterkant is so lekker ekstra sag dat mens dit elkgeval nie agter die flennie wil wegsteek nie :)





Dink julle nie dat die motiefie net te prettig is nie?!?
Dis ideaal vir 'n baba of enige dogtertjie.  Juis daarom het ek besluit om hierdie kombersie bietjie groter te maak.
Hy is 100x150cm.
Hy sal selfs 'n baie lekker kombersie vir my wees om voor die TV te gebruik wanneer ek brei.
(moenie verbaas wees as hy een van die dae nie meer op Hello Pretty beskikbaar is nie ;) 

Wat dink julle?  Sal dit nogsteeds 'n geskikte ooievaarstee gekenkie wees, of is dit dalk te groot?
Is dit dalk juis ideaal omdat die baba dit kan gebruik as sy ouer word?
Is dit iets wat jy juis vir 'n ouer kind sal koop?
 Of sal jy nog 'n groter een hier en op my Hello Pretty Winkel wil sien? 
 Ek sal graag jul mening wil hoor.
  


Gaan na my Hello Pretty Winkel om hierdie oulike kombersie te koop.

Let Wel:  Die teddiebeertjie in die foto's is slegs 'n modelletjie en hy is nie te koop nie.
 
Dis amper naweek mense!!
Ons hoop dis 'n koel een :)

Groete
RC
xxx 

1 opmerking:

  1. Sjoe dit lyk te lekker sag en warm vir woorde!!! Net die regte kleur vir 'n ou dogtertjie xxxx Die 1,0 x 1,5m klink vir my nét reg so, anders sleep dit te maklik op die grond as mens die klein lyfie dra en die kombersie val dalk oop. Maar mens kan altyd nog een bykoop vir wanneer daardie een te klein word, dan kan jy maar 'n groter een ook maak hehehe

    AntwoordVee uit