Translate

Dinsdag 14 Februarie 2017

Stilboek Verpakking

Verpakking, Besigheidskaarties & Afslag Bewyse

*Hierdie post bevat affiliated links.
Uiteindelik!!
Awesome verpakking vir my stilboeke!!

  
Dink julle nie dis ideaal nie??
Dit pas soos 'n handskoen en die kleur is perfek! :)

Raai waarvoor is dit eintlik!?
Dis om jou scrapbook papier in te hou.
Hoop net dat ek dit in die vervolg ook sal kan kry.  Het dit by Westpack Lifestyle gekoop :)

Hier is 'n link vir 'n soortgelyke scrapbook papier houer: 
Papier houer op Amazon*


Kyk die oulike handvatseltjie!
Nou kan die dogtertjie sommer altyd haar stilboek in die tassie bȇre :)

Met die gesoek na idees vir verpakking op die net het ek sulke oulike idees op hierdie blog gekry 

Daar gee hulle toe die oulike idee om afslag bewyse by jou pakkies in te sit.
Wat 'n wonderlike idee :)
 Ek het dit toe dadelik gedoen, en hier is die bewysies wat ek gedruk het


So ek gaan in die toekoms 'n hele paar van hierdie bewyse uitdeel saam met verkoopte items, maar jul moet die blog dalk mooi dophou!!  ;)

En uiteindelik het ek ook die regte karton vir my besigheidskaartjies by PNA gekry (nadat ek natuurlik klaar die pienk karton as 'n laaste uitweg by die vorige winkel gekoop het, maar ek het toe darem 'n goeie doel daarvoor ook gekry)

Hier  is die andger post  wat ek oor my besigheidskaartjies en verpakking geskryf het, ding vorder darem :)

Wat dink julle?  Sal jy vir iemand 'n geskenk bewys koop?

Stuur asb vir my 'n epos by rchandgemaak@gmail.com as jul sukkel met die kommentaar knoppie.
Ek wil graag van jul hoor!!

Groete
RC
 ♡  

3 opmerkings:

  1. Dis nou 'n beter pas as 'n hand in 'n handskoen!!!! Soms is dit nie lekker om inkopies te doen nie, maar as mens sulke perfekte goedjies kry, maak dit sommer alles beter. Die koopbewys idee is alweer iets uniek!! Ek is so bly ek het by Bloglovin aangesluit, want die oomblik dat jy 'n nuwe blog opsit, dan stuur hul 'n epos =) Dit is hoe ek geweet het jy het 'n nuwe blog opgesit =) =)

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. O dis baie gaaf :)
      Ek kon nog steeds nie lekker uitwerk hoe die Bloglovin storie werk nie hehe

      Vee uit