Translate

Dinsdag 31 Januarie 2017

Box Pouch - NIE BESKIKBAAR

Laslappie Box Pouch - R300

Daar is nou net nie 'n mooi Afrikaanse naam vir hierdie een nie, so ons hou maar by die Engelse naam ;)

Ek het julle mos so 'n hele rukkie terug bietjie nuuskierig gemaak met die foto'tjies van die gekwilte lappies....


Dit het bietjie langer gevat as wat ek wou gehad het (want ek kom net nie by my naaldwerk en blog uit nie!!  Ek is so jammer oor hoe ek julle die laaste ruk afgeskeep het)
maar hier dis die eindresultaat nou :)


Wat dink julle?  Hy het nogal heel spoggerig uitgekom :)
maar kom ek vertel vir julle 'n geheimpie.....volgende keer gaan ek beslis eerder aanstryk facing gebruik as die stywe batting, want was dit nou 'n gesukkel om daardie laaste naatjies gestik te kry!!!!
Aan die ander kant maak dit die sakkie lekker stewig.


'n Kant detail'tjie aan die een kant.


Ek is heel in my skik met die laslappie- en kwiltwerk :)


Die binnekant is uitgevoer met blou flennie.
Ek dink dit sal ideaal wees vir 'n grimeer sakkie.


Die sakkie is 20cm lank x 13cm hoog x 12cm breed

Hy sal binnekort op my Hello Pretty Winkel beskikbaar wees.

Groete
RC

1 opmerking:

  1. Ek dink ek moet hierdie sakkie op my wenslysie sit hehehe gaan uitkyk vir hom op Hello Pretty =) dit lyk of dit sommer 'n veeldoelige sakkie kan wees =) xxx die watteersel maak hom lekker stewig ja, maar ek kan dink dis moeilik om te stik, maar wys die een met die aanstryk 'facing' sodra jy dit gemaak het dat ons kan sien hehe xxxxx

    AntwoordVee uit