Translate

Dinsdag 17 Januarie 2017

Nuwejaar 2017

Nouja, Kersfees is lankal verby en ek hoop dat julle almal goed uitgerus het hierdie vakansie sodat julle hierdie nuwe jaar by die horings kan pak :)

 Wat doen julle om vir die nuwejaar voor te berei?


Ek het darem al in die oujaar my nuwe dagboek gekoop.

*  Eerstens moet mens al die belangrike datums (moeders- en vadersdag) en verjaarsdae oorskryf (ek het een van daardie spesiale kalendertjies vir die verjaarsdae, so ek skryf dit nie in my dagboek nie)
*  Dan enige belangrike en roetine afsprake soos dokters- en tandaarts afsprake.
 *  Dan die diere se dinge - soos jaarlikse inentings en ontwurming
*  Volgende is die tuin se dinge - kyk in laasjaar se dagboek wat vir jou gewerk het en pas daarby aan (jy het tog sekerlik onthou om te skryf wanneer jy wortels gesaai het en of dit 'n suksesvolle oes was?) note to self: onthou dit hierdie jaar!!!  hehe
* en moenie vergeet om deur jou ou dagboek te blaai en belangrike telefoonnommers en eposadresse wat jy haastig neergepen het oor te skryf nie!!
*  ek maak ook altyd 'n lysie van al die goedjies wat ek graag wil maak en dan skryf ek dit elke maand oor om te sien hoe ek vorder om nie ietsie belangrik soos 'n verjaarsdag geskenkie te vergeet nie.

Wat skryf julle als so aan die begin van die jaar in jul dagboeke?


 Die gevreesde NUWEJAARS VOORNEMENS....

Ag ek is nie juis groot op hierdie lys nie, want mens kan enige tyd begin met 'n paar nuwe voornemens, soos om gesonder te wees en dan moet mens nie wag vir die nuwejaar om daarmee te begin nie!!

Al wat ek in hierdie Januarie-maand nog wil doen is om vir my 'n winkel op Hello Pretty  oop te maak :D ek is heel opgewonde daaroor!!

VOORSPOEDIGE 2017

Groete
RC
xxx  

1 opmerking:

  1. Ek was soet, ek het al reeds al my datums en eposadresse en belangrike telefoon nommers en almal se bankrekening nrs aangeteken. Ek hou daarvan om verjaarsdae ook in te skryf, alhoewel ek ook so n grént boekie het, vergeet ek om in hom te kyk hehehe Die ander datums is natuurlik wanneer die skole sluit en begin, al is daar nou nie meer kinder op skool in hierdie huis nie........ My dagboek is ook nie so grént nie hehehe xxxx

    AntwoordVee uit