Translate

Saterdag 14 Januarie 2017

Kersfees - 2016

Ja ek weet.  Kersfees is lankal verby, 
maar ons kan die festive feeling mos bietjie oordra tot in die nuwe jaar ;)

Ek wil sommer net vir julle vertel van ons nuwe tradisie'tjie :)

Ons het besluit om elke jaar vir Kersfees 'n inheemse boompie te koop, hom te versier vir kersfees en dan in die nuwejaar uit te plant :D

Op ons soeke na die perfekte boompie koop ons toe op die einde van die dag 3 boompies wat op special was.  Noodeloos om te sȇ dat dit nou nie die 3 mooiste boompies in die kwekery was nie, maar ons het hul so half jammer gekry en ons oor hulle ontferm ;)

So is ons huistoe met ons 2 karee- en een geelhout boompies.
Ek het die sterkste boompie uitgekies, wat toe 'n karee was, en hom versier vir die geleentheid.
Die ander 2 het ons solank met baie liefde gesnoei en in groter sakke geplant sodat hul lekker sterk kan wees wanneer ons hulle wil uitplant.


Ons nederige boompie was omtrent die centre of attention.  Ek dink dit het hom sommer 'n hupstoot gegee ❤

Hoop julle het almal 'n baie geseȅnde kersfees gehad!
Laat daardie welwillendheid julle deur die hele jaar bybly 

Groete
RC
xxx
❤ 

1 opmerking:

  1. Ja daai boom is baie trots op die taak wat hy moes verrig!!! Ek dink dis 'n fantastiese idee om elke jaar 'n Kersfeesboom te plant, veral is dit nog 'n 'DBV' geval is xxx Een van die dae gaan daai boom te groot wees om by die boonste takke by te kom, dan het jul 'n leer nodig om 'n ster op die top te sit =) Goeie werk!! (Klink daai woorde bekend? hehe)

    AntwoordVee uit