Translate

Maandag 25 September 2017

Afwesigheid Rapport ;)

*Hierdie post bevat affiliated links
 
Hallo blog-vriende!!
Hoe gaan dit met julle?

Vandag wil ek vir julle wys en vertel waarmee ek besig was in my afwesigheid...
dis goeie verskonings, ek belowe シ

PLAAS KASKENADES

Eers was ons plaas toe.
Soos julle weet is daar weinig sein en ek verkies om my tyd buite en op ander plaas dinge te spandeer, eerder as om 'n tegno-slaaf te wees.

Ek het darem vir julle 'n paar foto's geneem ♡


Onthou die sonskerm!!  Dis beslis 'n goeie idee om altyd sonskerm aan te smeer voor jy buite gaan baljaar en op die plaas is mens meeste van die tyd buite. Ek het 'n baie sensetiewe en allergiese vel en hierdie is my gunstelling sonskerm reeks.  Dit is al wat ek op hierdie stadium kan gebruik:
Garnier Ambre Solaire SPF 50 Sensitive*

 Kyk hoe belowend lyk die wolke, maar ons bid nog vir die reёn.
Ek wil sommer vir julle vra om daar waar jy nou by jou rekenaar sit asb vir ons boere te bid en vir die Here te vra om ons te seёn met reёn vir die veld, die diere en gewasse ♡

 Die lente is tog oral te bespeur ❀

My "pet"-projek op die plaas is 'n Angus vers.
Haar naam is Snifsnaf :) 

 Ek het besluit om haar te leer, sodat ek haar sal kan melk nadat sy gekalf het :D

 Hierdie is die tweede maal dat ek die halter op haar gesit het.
Sy het dit heel geredelik aanvaar :)
Ek het voor die tyd besluit dat ek vir haar 'n PIENK halter gaan koop en het toe hierdie een by Feed & Seed in PE gekoop waar ek altyd Zaan se Speedibeet kry.
 Hier is 'n soortgelyke een:
pienk halter op amazon*
 Soos julle kan sien volg ek beslis die belonings taktiek met my emmertjie vol pille.
Dit werp defntief vrugte af!!
Is sy nie te pragtag nie?!! ♡ 

TREK

 My tweede verskoning is die groot trek.

Dit voel vir my of die tyd so bietjie stil gestaan het hier in Smithfield, 'n klein plattelandse dorpie in die Vrystaat :)
Die mense se agterplase is nog yslik, elk met 'n lusernlandjie (net jammer dat die water so skaars is) en ek hoor elke oggend skape iewers blêr en beeste bulk.
Ek kan net sien hoe mens lekker hoenders kan aanhou ;)
Die kinders ry met hul een-wiel fietse in die straat en byna die hele dorp kom help om jou stukkende pyp te vervang シ
Ek het 'n idee dat ons ons tydjie hier baie gaan geniet ♡

Ek het klaar groente gesaai en vandag sien ek dat die eerste piepklein saailinge hulle blaartjies bo die grond uitgesteek het! :D

Ek skuld julle nog 'n paar foto's daarvan.

Lekker LENTE vir julle!
Hoop jou saadjies is ook al in die grond 

Groete
RC
xxx

2 opmerkings:

  1. Ag ou Snifsnaf is te oulik!!! Sy is mos 'n meisie so sy verdien daai helder pienk halter hehe Ek het bietjie gaan kyk by Amazon na die halter en die sonskerm, hoe maak mens as jy in SA bly en jy wil dit bestel, die pryse is in $? Ek hoop jy maak lekker geldjie met die affilliated links xxxx =) Ek dink ek moet bietjie ietsie vir 'n slag op my blog ook sit....

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja, sy is 'n meisie, so ons kan lekker girly wees met pienk en blomme en alles wat mooi is :) Ek dink mens moet maar PayPal he om op Amazon iets te koop. Dit sal maar duur wees met ons swak rand. Dis seker goedkoper in die winkel. Ek hoop ook die affiliated links werk :D JA! Ek dink ook mamma moet weer iets op ooswestuisbes.blogspot.com sit! xxx

      Vee uit