Translate

Donderdag 24 Augustus 2017

Naaldwerkkamer Organisasie

Organisasie in die Pienk Naaldwerkkamer

*Hierdie post bevat affiliated links.

'n Hele ruk terug het ek gesȇ dat ek vir julle sal wys wanneer ek my naaldwerkkamer eendag reggepak het.

Wel, dis seker hoekom hier kouefront op kouefront hier verbykom, want ek het dit uiteindelik gedoen!!!
Maar voordat dinge beter geraak het, het dit eers baie erger geraak (soos jul op die foto's sal sien hehe)

Ek het ook nooit so ver gekom om laaitjies, rakkies en ander goedjies vir die doel te koop nie, toe moet ek maar werk met wat ek het.
Ook maar goed dat ek so sukkel om weg te gooi, want al die leȅ karton dosies het baie handig te pas gekom, en toe hoef ek nie 'n sent te spandeer nie!!  :P
Wys jou net REDUCE, REUSE, RECYCLE!! 

VOOR





Soos julle kan sien het dit WOES gelyk.  Ek het alles van een hopie na die ander geskuif en dit was 'n nagmerrie om enige iets te kry.
Maar ek het bly procrastinate, "want met daai tyd wat ek gebruik om reg te pak kan ek mos liewer naaldwerk doen"
Hmmm ja, maar ek wonder hoeveel tyd ek gemors het terwyl ek na goed moes soek???
En in sulke deurmekaargeit kan mens mos nie kreatief wees nie! 

Ek hoop dat ek nou my les geleer het en volgende keer sommer van die begin af sal regpak.
(ek sȇ ook elke keer so ;) hehe)
Dalk sal dit help om dan net weer hierdie post te lees!!

Ek hoop ek inspireer een of twee van julle om ook bietjie reg te pak, sadat daardie kreatiewe sappe weer vrylik kan vloei :)

Hier is die eindresultaat...

NA


★ Die hondebedjie is die belangrikste ding, want ek het mos twee helpertjies wat altyd naby moet wees.
★ Dan het ek twee wasgoedmandjies (eintlik het ek hulle gekoop vir iets anders, maar die projek het deur die mat geval en toe is hulle baie handig) - een vir afgehandelde projekte en een vir moet doen projekte soos stukkende klere, ens. - Ek moet die mandjies eintlik merk, want ek raak deurmekaar met die twee hehe 
Soortgelyke wasgoedmandjies op Amazon*
★ Die lessenaar gebruik ek nou vir 'n knip stasie, so ek probeer die oppervlak skoon hou van enige clutter - daar lȇ die eerste projek al en wag ;)

EERSTE LAAI


In die boonste laai van my lessenaar het ek meestal naaldwerk goed gepak.
Ek het afgesnyde karton dosies gebruik om dit te organiseer.
1.  Allerlei los goedjies, soos ekstra gare, ekstra maatband, bobbins, ens.
2.  Rekke, klitsgras en ritssluiters.
3.  Linte en kant.
4.  Knopies en kraletjies.
Agter in die laai is ook  nog plastiek houertjies met staal knippies, knopies, ringetjies en allerhande ander los goedjies in, maar mens kan dit nie mooi op die foto sien nie.

TWEEDE LAAI


In die onderste laai is my skryfbehoeftes - die lessenaar is nou die ideale plek om boekhouwerk en ander skryfwerk te doen, want dit is mos nou 'n oop oppervlak.
1.  Pennesakkies wat koki's, potlode, uitveȅrs, ens. bevat.
2.  Enige gom - kleefband, prit, bostic clear en modge podge.
3.  Allerlei skryfbehoeftes, soos 'n sakrekenaar, passer, koeverte, ens.
Agter in die laai is ook ander skryfbehoeftes soos inkleurkryte en my pons drukker :)


Hierdie rak is sowaar ideaal en ek dink dat ek beslis eendag so een in my permanente naaldwerkkamer sal opsit.
Dis nou die ideale plek vir die skootrekenaar en naaldwerkmasjien, met genoeg spasie vir albei.


Die gare is lekker byderhand op die rak naby die masjien.
Ook in afgesnyde karton dosies georganiseer 
en al die bobbins in hierdie spesiale kassie.


Die kas is ook reggepak, met al die gevoude materiaal in 'n plastiek krat - wat baie help om die stof van jou mooi materiaal af te hou
en 'n skoendoos vir projekte wat klaar is en wag om na die winkeltjie te gaan.
Agter in die hoek is ook opgerolde geskenkpapier, bruinpapier, batting, ens.
In die plastieksak bȇre ek scrapbook papier - wat ek deesdae nogal min gebruik.


Binne-in die plaskiek krat het ek ook nog 'n karton doos met groter rolle lint, kant en skuinsstrook.

Die ander materiaal kas lyk nog net dieselfde, maar dis darem maklik om die materiaal daar te kry.

 Nou het alles 'n plek en is dit sommer tjoef-tjaf om reg te pak nadat ek aan 'n projek of twee gewerk het :)

 Hoop dit inspireer julle.
As ek dit kan doen, kan enige iemand!!
En dit hoef jou ook nie 'n arm en 'n been te kos nie :)

Oja!
Amper vergeet ek!
Ek wil net solank vir julle vertel van die Basiese Naaldwerk Reeks wat ek gaan uitbring :)
Hou hierdie spasie dop!

Warm Groete
RC
xxx 

1 opmerking:

  1. Jitte!!! Dis nou lekker om die voor en na prentjies te sien hehe dit laat my ook nou lus voel om weer my goed uit te sorteer hehehehe Maar eintlik wil ek ook so 'n pienk kamer hé, daai kleur doen iets aan mens se kreatiewiteit....... Dit is soos jy sé as mens eers georganiseerd is en alles netjies is, dan is dit makliker om dit netjies te hou xxx ;)

    AntwoordVee uit