Translate

Saterdag 19 Augustus 2017

Bloglovin'

RC Handgemaak is op Bloglovin'

En wat is Bloglovin', vra julle??

Dis 'n baie goeie vraag!!
En ek het gedink om 'n kort post daaroor te skryf om vir julle te verduidelik hoe dit werk ♡



Bloglovin' is 'n platvorm wat jou toelaat om al jou gunsteling blogs te organiseer op een plek!  Dan is dit maklik om op datum te bly en die nuutste posts op jou gunsteling blogs te lees.  So as jy 'n gereelde blog leser is sal ek beslis aanbeveel dat jy hop-skop-en-oorspring-daarheen!!

 Ek het self eers nou die dag aangesluit en pluis ook nog uit hoe presies dit werk.
As enige iemand wenke het, moet jy asb. van jou laat hoor?!?  :)

 Hier is hoe ver ek al gevorder het...

❤ Maak vir jou 'n Bloglovin' rekening oop.  Al wat jy nodig het is 'n e-pos adres en 'n wagwoord.

Claim jou blog, as jy een het.
Nadat jy jou blog gekry, en aansoek gedoen het stuur hul vir jou 'n e-pos wat dit stap vir stap verduidelik
 - maar jy het hoegenaamd nie 'n blog nodig om Bloglovin' te gebruik nie!

Volg jou gunsteling blogs - dan sal al hul nuutste posts op jou feed verskyn, sodat jy NOOIT uitmis nie!
Loer hier aan die regterkant van my bladsy vir die Bloglovin' knoppie om RC Handgemaak op Bloglovin' te volg →

❤  Dan kan jy enige post LOVE♡ (wat soos 'n like is), ORGANISEER+ (in verskillende katogoriȅ) of DEEL↱ (op Facebook, Twitter of Pinterest) en ook merk as KLAAR GELEES.
Dis enige blogger se droom dat jy sommer al hierdie knoppies druk as jy van hul post gehou het ;)

Google Analytics is ook sommer ingesluit, sodat jy kan sien hoeveel mense jou profiel besoek en allerhande ander interesante data.

❤ Op hierdie manier is al jou gunsteling blogs op een plek en is dit maklik om nog blogs en posts te soek in die katogorieȅ waarin jy belangstel :)

❤ Oja!  En daar is 'n oulike funksie waar jy kan gaan kies watter soort e-posse, indien enige, Bloglovin' vir jou aanstuur (ek hou baie hiervan, want ek wil nie so baie e-posse kry nie)

...en dit is hoe ver ek die besigheid uitgepluis het!
Hoop dit spoor jou aan om daar 'n ogie te gaan gooi en dalk aan te sluit en my ook te volg!!  ;D

Geniet julle naweek verder!

Groete
RC
xxx

2 opmerkings:

  1. Dis nou lekker inssiggewend. Ek moet sé dit werk lekker as jy by bloglovin ingskryf is, want dan mis jy regtig nie jou gusteling blogger nie, ek is darem mos 'n follower hehehe xx Ek moet nog net 'n CLaim Your Blog doen xxxx =) xxxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ja, my enigste follower... hehe maar ek sien dat ander mense darem op bloglovin na my posts kyk, hul moet net follow ook!! hehe Ons moet Oos Wes Tuis Bes defntief claim as ek weer kom kuier :)

      Vee uit