Translate

Dinsdag 01 Augustus 2017

Mini Speldekussings

Handige Klein Speldekussings - R15

Hallo!
Long time no see...

Hier is so ietsie waarmee ek besig was ♡ 


Dink julle nie ook dat hulle te dierbaar is nie??

Julle kan die tutoriaal hier kry.


Hierdie speldekussings is ideaal om met 'n klein stukkie dubbele kleefband aan jou stikmasjien vas te sit sodat hy altyd byderhand is vir die speldjies wat jy uithaal voor jy kan stik :)

Hoop julle hou daarvan :)


Wil jy een van hierdie speldekussinkies he?  Ek het besluit om 5 van hierdie outjies weg te gee aan die eerste 5 lesers wat comment op hierdie post :)
Onthou net om jou naam en pos adres in te tik!!  
Alle kommentaar word eers gemodereer voordat ek dit plaas, so moenie bekommerd wees dat die hele internet wereld nou jou adres sal he nie!!
Voel ook vry om jou e-pos adres daar te los as jy so af en toe 'n inspirerende e-pos of spesiale aanbieding van my wil ontvang :)
Jul hoef ook nie te vrees dat ek julle elke dag met e-posse sal oorval nie.  So lief is ek glad nie vir e-posse tik nie!;)
Voel ook vry om my direk te e-pos, indien die comment ding nou nie in jou kraal val nie hehe
Groete
RC
xxx

4 opmerkings:

  1. Ag dit laat my dink aan 'n tjoklitjie wat mens nie wil oopmaak om te eet nie hehehe =) Gelukkig sien ons mekaar een van die dae(hopelik) ek is mos een van jou gereelde opmerkings wat jy kry hehehehe Ai as daai darem ni skimp is nie........ Ek dink dit is 'n baie handige item om te hé xxxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ek hoop ook dat ek binnekort weer kan kom kuier. 😀
      Ek dink mamma kwalifiseer vir meer as een van hier outjies 😉
      Ek het hoeka op pinterest 'n paar gesien wat soos kolwyntjies lyk xx

      Vee uit
  2. I needed to thank you for this fantastic read!! I absolutely loved every
    little bit of it. I have you book marked to check out new stuff you post…

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Thank you for your lovely comment. I am looking forward to posting some more content of this kind 😀
      I do need a postal adress to forward your little gift! 💗
      Hope to see youback here soon

      Vee uit