Translate

Dinsdag 30 Mei 2017

Naaldboekies

Naaldboekies vir Moedersdag

En?
Het julle toe reg geraai?


Dit was 'n spesiale naald boekie wat ek vir elk van die moeders in my lewe gemaak het.  Hulle almal is baie lief vir die een of ander vorm van naaldwerk.  Ouma borduur graag, skoonma hou van klere maak en my ma is lief vir dol-las-werk (waar anders dink julle het ek vandaan gekom??? hehe)


Ek wou vir hulle iets prakties gee en natuurlik iets wat ek self gemaak het en lekker kon personolize.  Toe ek hierdie boekies op Amy van The Nana Company se blog sien het ek dadelik geweet dat dit presies is wat ek vir hulle wil maak!
Julle kan gerus 'n draai op haar blog maak.  Dis vol inspirerende goedjies en die oulikste tutoriale.




Dink julle nie dis die ideale en prettigste manier om jou naalde (wat so malkik tussen jou spelde kan verdwyn) te bere nie?  Veral as jy 'n groot verskeidenheid naalde het om te organiseer.   Daar is 4 filt bladjies in die boekie, waarvan die middelste 2 bietjie opgedollie is.





Nou moet ek nog net vir myself enetjie maak :)
Ek het hoeka lus om te leer borduur en dan sal hierdie boekie beslis handig te pas kom!!



Ek gaan ook 'n paar van hierdie boekies maak om te verkoop, so hou julle oȅ oop :)


Groete
RC
xxx

3 opmerkings:

  1. Die boekies is so mooi en petiet dat ek te jammer gaan voel om myne te gebruik hehe xxxx Ek sien hulle is almal ewe mooi en elkeen met dieslfde liefde gemaak, niemand is voorgetrek nie xxxxxx :) Ek dink dis 'n baie oulike geskenkie wat mens vir iemand kan koop, so jy sal van hulle moet maak vir Hello Pretty......

    AntwoordVee uit
  2. Ja! Ek het al tweetjies gemaak! En 'n bietjie van die net af leer borduur ook. Ek sal vir 'n slag weer moet post, sodat jul kan sien waarmee ek alles besig was 😊

    AntwoordVee uit